Veg terug teen veediefstal: ’n Halsband vir jou bees en ’n hommeltuig in die lug
Met die vlaag van veediefstal is daar kommer onder boere oor hoe lank dit nog finansieel gaan sin maak om met vee te boer.
Te danke aan die snelle ontwikkeling van tegnologie, is daar deesdae alternatiewe of bykomende voorkomingsmiddele om te oorweeg:
Halsbande:
Halsbande word om sekere diere in ’n trop gesit wat die diere se beweging monitor. Pryse verskil van die een verskaffer tot die ander afhangende van wat jou behoeftes is.
Lees ook: Waarskuwing vir veeboere: Pas jul vee op hierdie feesseisoen
Die toestelle monitor die beweging van jou diere en stuur ’n boodskap na jou selfoon indien hulle hardloop, soos wanneer hul aangejaag word. Dit kan ook diere se bewegings monitor en vir jou hul presiese ligging stuur.
• Find Me Security bied halsbande vir beeste teen R3 650 en een vir skape en bokke teen R1 750. Die bande word met ’n sonpaneel gelaai met ’n ekstra opsie om dit self ook te laai. Jy kan die halsband bel en luister na agtergrond geluide. Daar is ’n alarm wat afgaan as die halsband afgehaal of gesny word. Daar is ook nie ’n limiet op afstand nie en jy kan jou vee se bewegings in Middelburg nagaan terwyl jy met vakansie in Kaapstad is.
• Cattle Watch se halsbande bied ’n vyf jaar waarborg en hul batterye hou drie jaar. Hulle gebruik nie simkaarte in hul halsbande nie en sê dat die maandelikse kostes om die halsbande te monitor op die meeste R8 per halsband sal beloop. ’n Eenheid kos R650 en hulle bied afslag op ’n glyskaal afhangende van hoeveel eenhede jy aanskaf. Hul webblad sê dat hul halsbande nie net vir veediefstalbekamping gebruik kan word nie, maar ook om boere in kennis te stel van siek diere.
• Farm Ranger, wat reeds deur boere in die Stoffbergomgewing gebruik word, se halsbande kos R6 100 per eenheid. Daar is ’n maandelikse fooi van R139 waarmee die maatskappy self sorg dat daar genoeg lugtyd op jou halsband is sodat jy jou nie daaroor hoef te bekommer nie. Batterye hou tussen twee en drie maande en kan gelaai word terwyl die diere in die kraal is. Vanaf Desember sal daar halsbande met ’n langer batterylewe te koop wees.
Lees ook: Kaptein Booyse die kroek
• Agri Alert maak gebruik van torings en ’n basisstasie wat op die boer se plaas opgerig word. Dit skakel die noodsaaklikheid vir selfoonopvangs uit.
Hommeltuie:
Brandon Jonathan van Drone World sê dat hy ’n passie vir hommeltuie het en spesialiseer in veral boerdery benodighede en sekuriteit. Hy het al kliënte sover as Namibië en Grabow met hul aankope gehelp.
• Hy sê dat die duurste en beste hommeltuig jou sowat R452 000 uit die sak gaan jaag. Die prys word veral opgejaag deur die toevoeging van die beste termiese kamera op die mark, wat liggaamshitte afneem en ook toegerus is met ’n dag en nagsig kamera. Die kamera kos tans R241 000 en maak amper die helfde van die prys uit. Daar is egter goedkoper termiese kameras beskikbaar. Die hommeltuig self het met ’n reik afstand van 10 – 12 km wat verkry word deur ’n bykomende antenna, asook ’n addisionele kamera met ’n kragtige zoomlens gaan jou ’n verdere R238 400 uit die sak jaag.
Lees ook: Welpies vir R80 000 stuk aangebied
Omdat ten volle outomatiese hommeltuie in Suid-Afrika onwettig is, moet jy die hommeltuig self laat opstyg en land. Jy kan egter vir die tuig ’n vooropgestelde roete uitwerk wat dit moet vlieg.
Vir die heftige prys kry jy egter ’n hommeltuig wat 10 km ver kan vlieg teen 110 km/uur voordat dit moet omdraai huistoe, met ’n kamera waarvoor geen mens kan wegkruip nie.
• Mnr. Jonathan sê dat ’n groep van 12 boere uit die Kaap onlangs saam so hommeltuig kom koop het om hul plase te patrolleer.
Lees ook: ‘Net gou’ selle toe vir twee aande – skokwending in boer se arrestasie
Daar is goedkoper opsies, soos ’n hommeltuig met spreiligte, vir om en by R40 000. ’n Plaaslike boer wat klaar sy wildsplaas met ’n hommeltuig patrolleer, sê egter dat die termiese kamera handig te pas kom omdat mens die hommeltuig kan hoor aankom en dan kan wegkruip.
Boere vertel:
’n Boer in die Stoffberg omgewing sê dat diewe laas beeste by hulle geslag het voordat hulle die halsbande opgesit het in Mei 2017. Sedertdien het hulle al baie sukses met die halsbande behaal en selfs al slagters op heterdaad betrap nadat die alarm afgegaan en iemand gaan kyk het.
Nog ’n boer vanuit die Hendrina omgewing sê dat hulle ’n maand gelede halsbande opgesit het nadat daar nege swaardragtige koeie by hom geslag is.
Lees ook:
Dorp neem afskeid van geliefde polisievrou
Ouma is lus en vaar die strate in
Soek jy nuus op ’n drafstap?
Stoor ons bystand nommer (072 248 3855) en stuur ons ‘n Whatsapp boodskap met die woorde “Add me” om deel te word van ons uitsaailys.
“Like” ons op Facebook, of volg ons op Twitter en Instagram.
Volg ons YouTube kanaal.
Kliek op die skakel om te registreer om ons nuusbrief met die jongste nuus per e-pos te kry
Het julle vir ons ’n storie?
Kontak die redaksie op ons 24 uur bystandnommer 072 248 3855, of stuur ‘n e-pos aan ons redakteur tobie@mobserver.co.za
