Pasop vir die man wat lugtyd en Grandpa poeiers soek
Die man wat al talle mense om die bos gelei het met slimpraatjies om lugtyd in die hande te kry, is steeds bedrywig.
Me. Celia van Wyk, ‘n gereelde Middelburg Observer leser, het dadelik geweet daar is fout toe die swendelaar vra vir Grandpa poeiers en lugtyd.
Die koerant het al verskeie kere vantevore oor sy streke berig.
Haar hond, Spikkels, het ‘n maand gelede weggeraak en sy het in die Observer geadverteer dat sy na haar hond soek.
Sy het ‘n oproep gekry van ‘n man wat homself “Gert Botha” genoem het.
Lees ook: Boer vs Boef in OR Tambo
Hy het vir haar vertel dat hy in die koerant gesien het dat sy na haar hond soek. Sy het in die berig gemeld dat die hond vanaf Walter Sisulustraat weggeraak het.
“Gert” het so ewe gesê dat hy haar hond in Walter Sisulustraat opgelaai het en plaas toe gevat het.
“Hy het gesê ek kan my hond by Blesbokplotte 23 kom haal, maar dat ek hom langs die pad moes kry.”
Lees ook: Grandpa boef steeds bedrywig
Die man het selfs vir haar verduidelik dat hy ‘n bruin Land Cruiser ry met die registrasienommer, BTY105MP.
Op hierdie stadium was me. Van Wyk nog baie opgewonde, want sy het geglo dat sy haar hond gaan terugkry.
Die oomblik toe hy egter sê dat sy lugtyd en Grandpa-poeiers moet saambring, het sy besef dit is dieselfde kansvatter wat vele inwoners al om die bos gelei het.
•Die Grandpa-poeier en lugtyd boef sê altyd vir sy “slagoffers” dat hy hul besonderhede in die Observer gesien het.
In baie gevalle is dit mense wat hul besighede adverteer en hy vra dat hulle vir hom ‘n kwotasie moet kom doen op die plaas.
Lees ook: Boef sien sy Moses toe slagoffer hom met krieketkolf bykom
Tydens ‘n vorige geleentheid het hy slangvanger Fanie Strydom gebel en gevra dat hy ‘n mamba moet kom vang wat van sy skape gepik het.
Hy verduidelik altyd omslagtig waar sy plaas is en dat hy vir die mense langs die pad sal wag.
Op pad na die “plaas” vra hy dan dat hulle vir hom die poeiers en lugtyd moet koop en dadelik vir hom die lugtyd se kode gee, want hy het dit “dringend” nodig.
Nodeloos om te sê, almal wat sy storie geglo het, het kilometers ver gery, hom nooit langs die pad gekry nie en die lugtyd se geld verloor. In sommige gevalle was dit selfs R500 se lugtyd wat hulle kwyt is.
Lees ook:
Dorp neem afskeid van geliefde polisievrou
Ouma is lus en vaar die strate in
Soek jy nuus op ’n drafstap?
Stoor ons bystand nommer (072 248 3855) en stuur ons ‘n Whatsapp boodskap met die woorde “Add me” om deel te word van ons uitsaailys.
“Like” ons op Facebook, of volg ons op Twitter en Instagram.
Volg ons YouTube kanaal.
Kliek op die skakel om te registreer om ons nuusbrief met die jongste nuus per e-pos te kry
Het julle vir ons ’n storie?
Kontak die redaksie op ons 24 uur bystandnommer 072 248 3855, of stuur ‘n e-pos aan ons redakteur tobie@mobserver.co.za
