News

Korrupsie met omstrede aansoek? Rolspelers weer byeen oor planne vir prospektering

Die Kranspoort gemeenskap kom weer op 9 Oktober, om 9:00, bymekaar by Forever Loskopdam nadat ’n prospekteringsaansoek op die plaas Rietvallei en Forever Resorts se Waterfall Lodge vir vyf jaar goedgekeur is.

Regsgeleerde Wynand du Toit gaan rolspelers inlig oor die stand van sake oor die aansoek en die pad vorentoe.

Me. Kobie Snyders aan wie die betrokke plaas behoort, waarop prospekteerregte goedgekeur is, sê dat hulle nie in die aansoek geken is nie.

Sy sê ook dat navorsing oor die aansoeker, Jaments (Pty) Ltd en sy enigste direkteur Bongani Selemani, nêrens opgespoor kan word nie en dat hulle vermoed ’n “dopmaatskappy met ’n spook direkteur” gebruik is om die aansoek te bring.

Die familie het van die prospektering te hore gekom nadat verteenwoordigers van Jaments op 13 Augustus by Loskopdam opgedaag het om Forever bestuurder, me. Monica van der Linde, te waarsku “dat net ’n wonderwerk die prospektering sal stop”.

Die gemeenskap kan egter nou aandring dat die goedgekeurde aansoek hersien word.

 

Lees ook:

Dorp neem afskeid van geliefde polisievrou

Kanonkop matrieks groet

Ouma is lus en vaar die strate in

VIDEO: Karien is pure goud

 

Soek jy nuus op ’n drafstap?

Stoor ons bystand nommer (072 248 3855) en stuur ons ‘n Whatsapp boodskap met die woorde “Add me” om deel te word van ons uitsaailys.

“Like” ons op Facebook, of volg ons op Twitter en Instagram.

Volg ons YouTube kanaal.

Kliek op die skakel om te registreer om ons nuusbrief met die jongste nuus per e-pos te kry

Het julle vir ons ’n storie?

Kontak die redaksie op ons 24 uur bystandnommer 072 248 3855, of stuur ‘n e-pos aan ons redakteur tobie@mobserver.co.za

 

Back to top button