Vliegtuig vat gesteelde trekker se spoor
Wanneer jou trekker gesteel word kry jy nie spoorsnyers nie, jy soek hom uit die lug.
Gunmar Sekuriteit het met die hulp van Groblersdal Vliegklub, ‘n gesteelde trekker teruggekry, tagtig kilometer vanaf die plek waar hy gesteel is..
Die trekker van mnr. Gene du Plessis, wat kontrakteurwerk doen, is op die Vaalfonteinpad gesteel.
Lees ook: Kaptein Booyse die kroek
Die sekuriteitsmaatskappy het saam met mnr. Du Plessis en sy werknemers die spore van die trekker gevolg, maar vinnig besef dat hul verdere hulp benodig.
Gunmar het Groblersdal Vliegklub gekontak vir hulp.
Alhoewel Gunmar gesukkel het om ‘n grond-tot-lug-bandradio te bekom, kon hul per selfoon met die vlieënier kommunikeer.
Lees ook: Welpies vir R80 000 stuk aangebied
Die spore van die trekker is in die rigting van Leeuwfontein gevolg, terwyl die vastevlerk vliegtuig vooruit gevlieg het om te sien of hul die trekker vanuit die lug kan opspoor.
Die span het sommer vinnig die trekker in ‘n verlate area gevind in Mamatsekele, byna 80km van waar dit gesteel is.
Talle ander voertuie het rondom die trekker gestaan, wat hul laat vermoed dat dit ook moontlik gesteelde voertuie kan wees, wat uitmekaar gehaal is vir parte.
Die saak is aan die polisie oorhandig vir verdere ondersoek.
Lees ook:
Dorp neem afskeid van geliefde polisievrou
Ouma is lus en vaar die strate in
Soek jy nuus op ’n drafstap?
Stoor ons bystand nommer (072 248 3855) en stuur ons ‘n Whatsapp boodskap met die woorde “Add me” om deel te word van ons uitsaailys.
“Like” ons op Facebook, of volg ons op Twitter en Instagram.
Volg ons YouTube kanaal.
Kliek op die skakel om te registreer om ons nuusbrief met die jongste nuus per e-pos te kry
Het julle vir ons ’n storie?
Kontak die redaksie op ons 24 uur bystandnommer 072 248 3855, of stuur ‘n e-pos aan ons redakteur tobie@mobserver.co.za
