News

Saam geswoeg – saam gesterf

Hulle was albei groot kinders van die Here, die een ’n huishulp, die ander haar jarelange werkgewer.

Mens kan net bespiegel waaroor die gesprek gegaan het, voordat hulle saam in ’n motorongeluk gesterf het.

Alet Herbst (75) het die gemeenskap vir 21 jaar gedien by die Life Midmed Hospitaal en later by Kosmos Hospitaal op eMalahleni, asook by die Middelburg Tuisversorging vir Bejaardes.

Mev. Herbst het diep in almal se harte ingekruip.

Lees ook: Four young lives lost after horror crash in Middelburg

Sy het ‘n goue hart en ‘n borrelende persoonlikheid gehad wie se hande vir niks verkeerd gestaan het nie.

•Linda Lukele (51) was ’n getroue kerkganger wat hard gewerk het om die pot aan die kook te hou. Sy het om die beurt by me. Herbst en haar dogter, Pikkie Fourie, gewerk.

Na ’n dag se arbeid het me. Herbst haar omstreeks 18:00 in Mhluzi gaan aflaai.

Sowat agt kilometer vanaf me. Herbst se huis het ’n Volkswagen Tiguan skielik oor die sperstreep gery op die Loskopdampad, ’n trompop botsing het gevolg. Nog ’n voertuig het teen hulle motor gebots.

Lees ook: Vrou het visioen van ongeluk – sterf later

Me. Herbst is uit die motor geslinger en me. Lukele was binne die motor vasgevang. Albei is op slag dood.

Die jong vroue bestuurder van die Volkswagen Tiguan is ernstig beseer en na die Life Midmed Hospitaal afgevoer.

Mnr. Frik Roux, van Kranspoort, was met sy splinternuwe Mercedes onderweg na Ginelli’s restaurant vir aandete en het agter me. Herbst se Kia Picanto gery.

Sy voertuig is ook beskadig nadat hy die Kia getref het, maar nie hy of sy vrou is in die botsing beseer nie.

Twee sake van strafbare manslag word ondersoek.

 

Lees ook:

Dorp neem afskeid van geliefde polisievrou

Kanonkop matrieks groet

Ouma is lus en vaar die strate in

VIDEO: Karien is pure goud

 

Soek jy nuus op ’n drafstap?

Stoor ons bystand nommer (072 248 3855) en stuur ons ‘n Whatsapp boodskap met die woorde “Add me” om deel te word van ons uitsaailys.

“Like” ons op Facebook, of volg ons op Twitter en Instagram.

Volg ons YouTube kanaal.

Kliek op die skakel om te registreer om ons nuusbrief met die jongste nuus per e-pos te kry

Het julle vir ons ’n storie?

Kontak die redaksie op ons 24 uur bystandnommer 072 248 3855, of stuur ‘n e-pos aan ons redakteur tobie@mobserver.co.za

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Jana Boshoff

Jana works as a senior support specialist for Caxton digital. Before that she was a journalist at the Middelburg Observer 15 years where she won numerous awards including Sanlam's Up and Coming Journalist, Caxton Multimedia Journalist of the Year, and several investigative awards. She is passionate about people and the stories untold.
Back to top button