News

VIDEO: Smeer smeer smeer vir die wat nie het nie

Die Middelburg Mall is altyd besig, as jy instap kan mens gewoonlik ’n swerm mense verwag.

Soos jou voet oor die drumpel tree, word jou sintuie oorval met reuke van koffie of mense wat kletter.

Woensdag was geen uitsondering nie, maar hierdie keer het Mall besoekers ingestap op ’n skouspel van broodjies bou.

Soos die “umpa lumpas” van Charlie and the Chocolate Factory, het rye en rye mense gesit. Een smeer, een draai toe, een verpak.
Dis ’n jaarlikse storie, waar die Middelburg Mall koppe saam sit met Feed a Child en broodjies maak vir minderbevoorregte kinders.

Phumzile Mahlangu, Anneliza Erwee(bemarkings bestuurder), Helen Mokoena en Sonto Nhlabathi.

Lede van die publiek het gestop en hulle tyd of geld aangebied.
Sowat 50 vrywilligers het bygedra en saam saam is oor die 3000 broodjies gemaak. Daarna, is Feed a Child weg met die toebies om dit uit te deel.

Anneliza Erwee, die Mall se bemarkings bestuurder, wil die volgende mense bedank vir hulle bydrae:
MHS, CR Swart Laerskool, Bargain Books, NWJ Juweliers, Mev Middelburg – Ingrid Jonker, bekende sweis kunstenaar Coster Mkoki en al die lede van die publiek wat hulle hulp aangebied het.

Mev Middelburg – Ingrid Jonker, Elise Scullard en Toni Hewitt (altwee van Feed a Child).

Daar was ‘n versoek om die volgende borge ook te bedank: Middelburg Mall, Gold Rush, die Miss/Mrs Middelburg Pageant, CR Swart Laerskool en MHS.

Heerlike broodjies met liefde daarby.

 

Lees ook:

Dorp neem afskeid van geliefde polisievrou

Kanonkop matrieks groet

Ouma is lus en vaar die strate in

VIDEO: Karien is pure goud

 

Soek jy nuus op ’n drafstap?

Stoor ons bystand nommer (072 248 3855) en stuur ons ‘n Whatsapp boodskap met die woorde “Add me” om deel te word van ons uitsaailys.

“Like” ons op Facebook, of volg ons op Twitter en Instagram.

Volg ons YouTube kanaal.

Kliek op die skakel om te registreer om ons nuusbrief met die jongste nuus per e-pos te kry

Het julle vir ons ’n storie?

Kontak die redaksie op ons 24 uur bystandnommer 072 248 3855, of stuur ‘n e-pos aan ons redakteur tobie@mobserver.co.za

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Back to top button