VIDEO: Gif nou laaste wapen
Die munisipaliteit het Dinsdag plantdodende gif in die Dennesigdammetjie gespuit met die hoop om die growwe babergras uit te roei.

Die stap is geneem nadat die indringer plantweer versprei het, ten spyte van drie skoonmaaksessies waartydens tonne van die gras deur gemeenskapslede uit die dam getrek is.
Die gemmenskap het drie maal saamgekom om die kwaadaardige plant met spesiale hakke en roeibote uit te trek.
Die plant groei egter uit ‘n risoom wat ten volle verwyder moet word sodat dit nie weer uitloop nie. Stukkies plantmateriaal wat los geskeur het tydens die skoonmaak, het ook geregenereer en n uwe plante veroorsaak.
Die gif was reed voor die eerste skoonmaak saamtrek, gelei deur Yolande Stapelberg en Eddie Louw, aangekoop. Die munisipaliteit het die gemeenskap se hulp verwelkom, en wou eers kyk of die skoonmaaksessies help.
Niemand weet hoe die grasplant in die dam beland het nie, omdat dit nog nooit in die dam voorgekom het nie. Die plant is landwyd as waterpes verklaar.
Dit groei in waterbronne vlakker as twee meter. Een plant vertak onophoudelik soos dit groei, wat dit in staat stel om groot gedeeltes van die wateroppervlak te dek.
Die dammetjie sal in fases behandel word, sodat visse en ander akwatiese spesies ‘n buffer teen die gif het.
Die gif verhoed dat die plant suurstof kryen van wortel tot blaar vrek. Namate die plant dood gaan, sal die afval materiaal deur die munisipaliteit verwyder word.
Lees ook:
Dorp neem afskeid van geliefde polisievrou
Ouma is lus en vaar die strate in
Soek jy nuus op ’n drafstap?
Stoor ons bystand nommer (072 248 3855) en stuur ons ‘n Whatsapp boodskap met die woorde “Add me” om deel te word van ons uitsaailys.
“Like” ons op Facebook, of volg ons op Twitter en Instagram.
Volg ons YouTube kanaal.
Kliek op die skakel om te registreer om ons nuusbrief met die jongste nuus per e-pos te kry
Het julle vir ons ’n storie?
Kontak die redaksie op ons 24 uur bystandnommer 072 248 3855, of stuur ‘n e-pos aan ons redakteur tobie@mobserver.co.za
