News

‘n Twede Vaalrivier met stank en dooie visse

Die Elandsrivier waar verskeie spog wildsplase geleë is, onder andere van Middelburgse wildsboere, is groen van die alg en daar is dooie visse wat op die oewer lê, moontlik weens riool wat vanaf ’n rioolsuiweringswerke in die rivier invloei.

Volgens mnr. Flip Jacobs, DA raadslid, vloei daar liters rioolwater vanaf die rioolplaas in die Elandsrivier in.

Dié rioolwater veroorsaak dat alg en slik in die rivier vorm, wat weer op sy beurt veroorsaak dat daar nie genoeg suurstof in die water is nie.

Dié rioolwater moet deur die rioolsuiweringswerke behandel word en 80% skoon wees voor dit vanaf die rioolplaas gepomp mag word.
Dié water is egter nie skoon nie.

Lees ook: Beeste en hoenders in rivier gestort

“Daar kan op dié stadium nie vasgestel word wat dié rede hiervoor is nie, maar ek kan sê dat dié rioolwater nie genoeg chloor ontvang het om skoon gemaak te word nie,” sê mnr. Jacobs.
Talle klagtes is ontvang omdat die Elandsrivier stink en die dooie visse wat op die oewer lê.

Mnr. Jacobs sê dat hy met ‘n man gepraat het wat by die rivier visgevang het. Die man het gesê dat daar baie mense by die rivier was om die dooie visse weg te dra.

Lees ook: Duisende visse vrek nadat trok in poort omslaan

“Indien die visse dood is as gevolg van die watergehalte, hou dit ‘n ernstige gesondheidsprobleem in vir die area, asook die Flag Boshielodam area, aangesien die Elandsrivier in die dam invloei. Die Elandsrivier begin nou net soos die Vaalrivier lyk,” sê mnr. Jacobs.

Mnr. Jacobs sê dat daar op 19 Oktober ‘n water- en sanitasievergadering sal plaasvind, waarby die munisipaliteit, asook die Departement van Water en Sanitasie teenwoordig sal wees.

Hy meld dat hy verskeie kere dié probleem onder die munisipaliteit se aandag gebring het, maar dat dit “op dowe ore val.”

Hy hoop egter dat sy woorde “hard en duidelik gehoor sal word” tydens die water- en sanitasievergadering.

 

Lees ook:

Dorp neem afskeid van geliefde polisievrou

Kanonkop matrieks groet

Ouma is lus en vaar die strate in

VIDEO: Karien is pure goud

 

Soek jy nuus op ’n drafstap?

Stoor ons bystand nommer (072 248 3855) en stuur ons ‘n Whatsapp boodskap met die woorde “Add me” om deel te word van ons uitsaailys.

“Like” ons op Facebook, of volg ons op Twitter en Instagram.

Volg ons YouTube kanaal.

Kliek op die skakel om te registreer om ons nuusbrief met die jongste nuus per e-pos te kry

Het julle vir ons ’n storie?

Kontak die redaksie op ons 24 uur bystandnommer 072 248 3855, of stuur ‘n e-pos aan ons redakteur tobie@mobserver.co.za

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Tobie van den Bergh

Tobie started as a journalist in September 1975. He was appointed editor of the Middelburg Observer in 1982 where he worked until he retired in 2024. He received numerous awards, is a founding member of the Forum for Community Newspapers and has published two books about his work. Although retired, Tobie is still very much involved in community journalism.
Back to top button