Waarom soek aanvallers handwapens?
Waarom soek plaasaanvallers deesdae spesifiek na handwapens?
Mnr. Helgaardt Muller (voorsitter Kranspoort GPF) het na die aanval op mnr. Tom Markram (83) en sy dogter, Christa (52), twee weke gelede op sy plaas, Polfontein (Loskopdampad), gesê die tendens is dat aanvallers spesifiek op soek is na handwapens.
Mnr. Markram is met ‘n panga geslaan en moes later steke kry vir kapwonde op sy hand, kop en oor. Hy en sy dogter is ook met die platkant van die panga gekap.
Die rowers het spesifiek vir ‘n handwapen gevra en is weg met die kerk se kollektegeld en ‘n paar juwelierstukke.
Mnr. Muller het daarop gewys dat die tendens die afgelope jaar wys dat aanvallers minimum geweld gebruik en handwapens, selfone, geld en kameras soek.
Lees ook:
Dorp neem afskeid van geliefde polisievrou
Ouma is lus en vaar die strate in
Soek jy nuus op ’n drafstap?
Stoor ons bystand nommer (072 248 3855) en stuur ons ‘n Whatsapp boodskap met die woorde “Add me” om deel te word van ons uitsaailys.
“Like” ons op Facebook, of volg ons op Twitter en Instagram.
Volg ons YouTube kanaal.
Kliek op die skakel om te registreer om ons nuusbrief met die jongste nuus per e-pos te kry
Het julle vir ons ’n storie?
Kontak die redaksie op ons 24 uur bystandnommer 072 248 3855, of stuur ‘n e-pos aan ons redakteur tobie@mobserver.co.za
