Grobler egpaar in hof na vele klagtes
Die Grobler egpaar van Pretoria, wat destyds gekoppel is aan die verdwyning van fondse wat vir die sogenaamde doodskistwee se regshulp bestem was, is in Gauteng gearresteer.
Andre en Raelize Grobler het na bewering R24 000 uit die Willem Oosthuizen en Theo Jackson se vroue, Charne en Reanie, gekonkel met die belofte dat hulle deur ‘n advokaatkontak borg kan reël.
Nadat me. Oosthuizen Pretoria toe is en ‘n reeks vreemde gebeure by die hooggeregshof plaasgevind het, het die borg nooit plaasgevind nie.
Toe hulle die geld wou terug hê, is hulle gedreig dat die inhoud van hul regsleêr, wat aan die egpaar oorhandig is vir die “borgaansoek”, aan die ANC Jeugliga en die EFF gegee sal word.
Dieselfde dreigement is ook per WhatsApp boodskap aan ‘n www.mobserver.co.za joernalis gestuur.
Daar is intussen verneem dat die Grobler egpaar die geld aan doodskistwee se prokureurs terugbetaal het. Dit kon egter nie bevestig word nie.
Wat die Groblers wel in die sop laat beland het, is ‘n reeks beweerde bedrogsake in Gauteng en een in die Wes Kaap.
Volgens een van die klaers, het hulle ‘n saak by die polisie gemaak nadat die egpaar na bewering R12 500 uit hulle het. Hulle verloor ook ‘n besigheid nadat hulle vier maande se werk in ‘n R9 miljoen kontrak ingesteek het wat in Oktober sou realiseer.
Die saak in die Wes Kaap beloop meer as R2 miljoen.
Die egpaar het Donderdag in die hof in Pretoria verskyn en is op R1 000 borg elk vrygelaat.
Hulle moet weer in November in die hof verskyn.
Lees ook:
Dorp neem afskeid van geliefde polisievrou
Ouma is lus en vaar die strate in
Soek jy nuus op ’n drafstap?
Stoor ons bystand nommer (072 248 3855) en stuur ons ‘n Whatsapp boodskap met die woorde “Add me” om deel te word van ons uitsaailys.
“Like” ons op Facebook, of volg ons op Twitter en Instagram.
Volg ons YouTube kanaal.
Kliek op die skakel om te registreer om ons nuusbrief met die jongste nuus per e-pos te kry
Het julle vir ons ’n storie?
Kontak die redaksie op ons 24 uur bystandnommer 072 248 3855, of stuur ‘n e-pos aan ons redakteur tobie@mobserver.co.za