VIDEO – By die pas af met 56 ton op jou stert
56 ton... Dis 11 olifante, hang nou af van hoe groot die olifant is.
Probeer jy by die Kranspoortpas af gaan met 11 olifante kort op jou hakke?
Gelukkig is hulle redelik stadig omdat hulle so groot is, tensy daar ‘n kalfie betrokke is.
Maar nee, vandag gaan nie oor olifante nie, maar wel oor 56 ton en die Kranspoortpas.
Lees ook: #TrafficUpdate: Kranspoort Pass accident – expect delays
O die Kranspoortpas, tog so mooi met al sy kranse en draaie, maar tog so dodelik, veral as jy nie weet wat jy doen nie.
Ek ag myself bevoorreg om deur die pas te kon ry in ‘n swaar vragmotor. Nie net enige trok nie, maar die patriarg van trokke, die hoof bul.
Saam met Petrus Roos, eienaar van PG Roos Vervoer en sy bestuurder Rudi, het ons drie die poort aangedurf in hulle Scania G460 en ‘n vrag vol mielies.
Ek was saam om ‘n video te neem en om ‘n beter begrip te kry van wat dit alles verg om jou trok veilig daardeur te kry.
Lees ook: Kranspoort gesluit
Rudi het gelukkig jare se ondervinding en ‘n betroubare vervoermiddel. Toegerus met al die nuutste bykomstighede.
Die trok doen meeste van die werk, maar kan ook ‘n doodskis wees as dit in die verkeerde hande beland.
Gelukkig weet Rudi wat hy doen, maar moenie laat ek vir jou vertel nie!
Gaan kyk self.
•Moenie die Middelburg Observer se vervoer bylaag hierdie week misloop nie. Johann Gresse vertel onder andere van sy taxi na die kantoor.
Lees ook:
Dorp neem afskeid van geliefde polisievrou
Ouma is lus en vaar die strate in
Soek jy nuus op ’n drafstap?
Stoor ons bystand nommer (072 248 3855) en stuur ons ‘n Whatsapp boodskap met die woorde “Add me” om deel te word van ons uitsaailys.
“Like” ons op Facebook, of volg ons op Twitter en Instagram.
Volg ons YouTube kanaal.
Kliek op die skakel om te registreer om ons nuusbrief met die jongste nuus per e-pos te kry
Het julle vir ons ’n storie?
Kontak die redaksie op ons 24 uur bystandnommer 072 248 3855, of stuur ‘n e-pos aan ons redakteur tobie@mobserver.co.za
