117 Selfone geroof by Total Sports
Is die rowers wat by ’n juwelierswinkel in die I’Langa Mall in Mbombela, Touch of Gold in die Middelburg Mall en Woensdagoggend by Total Sports toegeslaan het, dalk dieselfde groep?
Volgens die polisie se mediakantoor het die groep van vier rowers omstreeks 09:50 by die Total Sportwinkel in OR Tambostraat (Sentrale Sakegebied) ingestorm.
Al vier het handwapens gehad en, soos met die roof by Touch of Gold, het een by die deur wag gehou terwyl die ander drie op die mense in die winkel toegesak het.
Die kluis se sleutel is by die bestuurder afgeneem en ’n werknemer is aangesê om saam met hulle na die kantoor te gaan.
Lees ook: VIDEO – ATM blown up at Total convenience shop
Die werknemer moes die kluis oopsluit en al 117 selfone binne in ’n groot sak, (wat die rowers saamgebring het) gooi. Op geen stadium het dié rower aan enigiets geraak nie.
’n Ander rower het intussen die bestuurder gedwing om die kasregister oop te maak en sowat R900 is geroof.
Lees ook: Total Sports pas beroof
Die werknemers is daarna in ’n kantoor toegesluit en die kliënte in ’n sitkamergedeelte.
Net voor die rowers na buite is, het een teruggedraai en ’n onbekende hoeveelheid sportskoene gegryp.
Lees ook: VIDEO: Eyewitness shares robbery video
•Die persone in die winkel kon nie sien of die groep te voet of in ’n voertuig gevlug het nie. Daar is later op noodgroepe gesê dat gesien is hoe hulle wegjaag vanaf die toneel in ’n grys Mercedes Benz. Al wat ooggetuies kon uitmaak is die eerste drie letters van die registrasienommer, naamlik DWL.
•Die juwelierswinkel in Mbombela is op 15 Oktober beroof en ’n R50 000 beloning is aangebied vir inligting wat sal lei tot die arrestasie en skuldigbevinding van die aanvallers.
Die roof by Touch of Gold was verlede Donderdag en sosiale mediagebruikers het gespekuleer of dit dalk dieselfde groep kan wees.
Net ses dae later was dit Total Sports wat deurgeloop het.
Lees ook:
Dorp neem afskeid van geliefde polisievrou
Ouma is lus en vaar die strate in
Soek jy nuus op ’n drafstap?
Stoor ons bystand nommer (072 248 3855) en stuur ons ‘n Whatsapp boodskap met die woorde “Add me” om deel te word van ons uitsaailys.
“Like” ons op Facebook, of volg ons op Twitter en Instagram.
Volg ons YouTube kanaal.
Kliek op die skakel om te registreer om ons nuusbrief met die jongste nuus per e-pos te kry
Het julle vir ons ’n storie?
Kontak die redaksie op ons 24 uur bystandnommer 072 248 3855, of stuur ‘n e-pos aan ons redakteur tobie@mobserver.co.za
