News

Vrou skiet haarself – elf het al eie lewe geneem

Elf mense in die omgewing het sedert Meimaand hul eie lewens geneem.

‘n Vrou het haarself in Clubville op Middelburg geskiet.
Die familie wou nie uitbrei oor die voorval nie.

•Past. Callie Joubert (leraar Lofdal Gesinskerk en Nooddienste Kapelaan) het in ‘n onderhoud gesê dat selfmoord reeds uit die Bybelse tye kom waar Saul en sy wapendraer hulself met hul eie swaarde doodgemaak het.

Uit sy werk as berader en kapelaan met talle mense deur die jare, het hy gevind dat daar ‘n paar oorsake is wat kan lei tot selfmoord.

•Dinge soos depressie wat ontstaan uit angs en verwerping soos molestering, egskeiding en werkloosheid.

•Psigiese toestande soos’n chemiese wanbalans.

Lees ook: Selfmoord: Daar is hulp

•Verslawing kan ook daartoe lei.

•Krisisse in verhoudings en verwante omstandighede wat lei tot menslike foute.

•Ongeneeslike liggaamlike siektetoestande wat moedeloosheid veroorsaak.

Past. Joubert het gevra dat mense wat selfmoord oorweeg moet dink aan hul geliefdes wat agterbly en watter smart dit vir hulle veroorsaak.
Hy het dit duidelik gestel dat daar wel oral hulp beskikbaar is by ons dorp se pastorale beraders, kapelane, predikante, hulpgroepe, dokters, sielkundiges en uit jou vriendekring.

•Oktober is Geestesgesondheidbewustheidmaand en die Suid-Afrikaanse Depressie en Angsgroep bied graag hulp aan.

Vir navrae oor berading by die SADA-groep, stuur ‘n e-pos na mnr. Zane Wilson by zane@sadag.org.
Beraders is vanaf Maandag tot Sondag (08:00-20:00) beskikbaar by 011 234 4837 of stuur ‘n faks na 011 234 8182.
Vir ‘n noodgeval om selfmoord te voorkom, kontak hulle by 0800 567 567 of hul 24 uur Hulplyn by 0800 12 13 14.

 

Lees ook:

Dorp neem afskeid van geliefde polisievrou

Kanonkop matrieks groet

Ouma is lus en vaar die strate in

VIDEO: Karien is pure goud

 

Soek jy nuus op ’n drafstap?

Stoor ons bystand nommer (072 248 3855) en stuur ons ‘n Whatsapp boodskap met die woorde “Add me” om deel te word van ons uitsaailys.

“Like” ons op Facebook, of volg ons op Twitter en Instagram.

Volg ons YouTube kanaal.

Kliek op die skakel om te registreer om ons nuusbrief met die jongste nuus per e-pos te kry

Het julle vir ons ’n storie?

Kontak die redaksie op ons 24 uur bystandnommer 072 248 3855, of stuur ‘n e-pos aan ons redakteur tobie@mobserver.co.za

Back to top button