News

Pienk Elvis Presley Cadillac deel van vesameling

Mnr. Dries Venter is 'n versamelaar van 1:18 skaal modelmotortjies en hy spog tans met 620 modelmotortjies, wat wissel van veteraan modelle tot moderne motors.

Mnr. Venter sê dat hy sy hele lewe lank in die vervoerbedryf was en nog altyd ‘n passie gehad het vir enige iets met vier wiele.

Hy het sy versameling 34 jaar gelede begin met sy eerste modelletjie, ‘n pienk Cadillac.
Daarna het sy versameling vinnig uitgebrei.

Hy vertel dat hy slegs een van drie persone in Suid-Afrika is wat dié 1955 pienk Elvis Presley Cadillac modelmotortjie besit.

“Ek kan nie waarde aan enige van my modelmotors heg nie, aangesien elkeen vir my sentimentele waarde het,” sê mnr. Venter.

Hy sê dat die modelmotors meer waarde het in hul oorspronklike verpakkings, maar dat ‘n erge storm jare gelede die dak waar sy modelmotors uitgestal is, afgeruk het.
Die verpakkings is almal tydens die storm beskadig.

‘n Skaalmodel werkswinkel wat Mnr Venter self gebou het, waar mannetjies aan sy karre werk.

Intussen het hy houtkaste met glas laat bou waarin hy sy modelmotors nou uitgestal word.

Mnr. Venter sê dat hy altyd na die kwaliteit van die modelmotors kyk, om seker te maak dat dit in ‘n goeie toestand is, voor hy dit koop. Hy koop ook net 1:18 skaal modelmotortjies aan.
Hy sê dat hy ‘n BMW modelmotor het, wat met die hand gebou en geverf is. “Die een wiel se spore op die band is skeef gesny. Die persoon wat dit gemaak het se hand moes gegly het. Elke modelmotor is uniek,” sê mnr. Venter trots.

Hy het ook ‘n sagte plek vir Ford voertuie en dit kan aan sy versameling gesien word.

Mnr. Venter bou ook sy eie skaalmodel werkswinkels wat tot mannetjies wat lyk of hulle aan die motors werk insluit.
Hy sê dat hy eendag graag Japan toe wil gaan om die modelmotor fabrieke te besoek.

Mnr. Venter het op ‘n stadium ook sewe veteraan voertuie gehad. Hy sê dat hy egter van die voertuie ontslae geraak het, weens ‘n skaarste, en die buitensporige pryse op parte.
Hy het een van die sewe voertuie gehou, wat hy sê hy net nie oor sy hart kon kry om te verkoop nie.

Mnr. Venter is baie lief vir sy pragtige agt-silinder 1969 Pontiac, waarmee hy steeds vandag ry en mense op spesiale geleenthede mee vervoer.
Die 1969 Pontiac word beskou as die motor wat in 1964 die spierkar omwenteling begin het.

Die Pontiac-handelsmerk is in 1926 deur General Motors bekendgestel. Die Pontiac is vernoem na ‘n bekende Amerikaanse Ottowa stamhoof.

Aangesien die lewensgrootte voertuie gewoonlik totaal onbekostigbaar is, is mnr. Venter se skaalmodelletjies vir hom ‘n versekerde tweedebeste opsie.

 

Lees ook:

Dorp neem afskeid van geliefde polisievrou

Kanonkop matrieks groet

Ouma is lus en vaar die strate in

VIDEO: Karien is pure goud

 

Soek jy nuus op ’n drafstap?

Stoor ons bystand nommer (072 248 3855) en stuur ons ‘n Whatsapp boodskap met die woorde “Add me” om deel te word van ons uitsaailys.

“Like” ons op Facebook, of volg ons op Twitter en Instagram.

Volg ons YouTube kanaal.

Kliek op die skakel om te registreer om ons nuusbrief met die jongste nuus per e-pos te kry

Het julle vir ons ’n storie?

Kontak die redaksie op ons 24 uur bystandnommer 072 248 3855, of stuur ‘n e-pos aan ons redakteur tobie@mobserver.co.za

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Janine Saayman

Janine has been working as a journalist/photographer since 2014 at the Daller in Groblersdal. She was awarded the O.H. Frewin Upcoming Journalist of the Year in her first year as a journalist. Janine has a passion for photography, writing, being creative and doing things to the best of her ability.
Back to top button