Bedreigde ietermagog te koop aangebied
Die stroop van die bedreigde soogdier, die ietermagog, duur voort.
Ietermagogs word op groot skaal tans in die land gevang en ten duurste te koop aangebied.
Hulle skubbe word gebruik in tradisionele Afrika en Sjinese medisyne, asook in Sjinese sop en as ? fynproewerskos in Oosterse spyskaarte.
Daar word meer ietermagogs oor die wêreld gestroop en bedreig as renosters in Suid-Afrika.
Wildsmokkelaars wou ’n ietermagog vir R120 000 aan ’n Middelburg inwoner verkoop en is by die Mall op die dorp aangekeer.Daar is ‘n lokval by die Middelburg Mall gestel en drie mans is gearresteer.
Die ietermagog is in die bagasiebak van ‘n motor gekry en is na ’n rehabilitasiesentrum gestuur.
• Die polisie het verlede week ook drie mense in besit van ‘n ietermagog by Shell Ultra City naby Middelburg gearresteer. Dit was egter reeds te laat om die lewe van die diertjie te red.
Lees ook:
Dorp neem afskeid van geliefde polisievrou
Ouma is lus en vaar die strate in
Soek jy nuus op ’n drafstap?
Stoor ons bystand nommer (072 248 3855) en stuur ons ‘n Whatsapp boodskap met die woorde “Add me” om deel te word van ons uitsaailys.
“Like” ons op Facebook, of volg ons op Twitter en Instagram.
Volg ons YouTube kanaal.
Kliek op die skakel om te registreer om ons nuusbrief met die jongste nuus per e-pos te kry
Het julle vir ons ’n storie?
Kontak die redaksie op ons 24 uur bystandnommer 072 248 3855, of stuur ‘n e-pos aan ons redakteur tobie@mobserver.co.za
