Luiperd in strik gevang
Een van die legendariese luiperdvangers wat die distrik opgelewer het was wyle Kosie Pretorius van die Avontuur omgewing.
Hy het tot met sy dood dertien luiperds gevang en hulle almal, behalwe een, weer vrygelaat.
Dié een wat nie vrygelaat is nie, het opgestop in sy sitkamer gestaan.
Tydens een van die vrylatings op ’n dokter se plaas het die luiperd ’n ent van die vanghok af weggehardloop, omgedraai en sy naels in Oom Kosie, soos hy bekend was, geslaan. Sy kamera se flits het per ongeluk afgegaan, die luiperd het geskrik en die veld in gehardloop. Oom Kosie het sy flenter onderbroek as aandenking gehou.
Nou voer wildboere ’n stryd om luiperds van uitwissing te red.
‘n Volgroeide luiperdmannetjie is in ‘n strik op die plaas Doornboom, naby die Doornkop woongebied, gekry.
‘n Voetganger het op die luiperd, wat in ‘n digte Black Wattle bos om die agterlyf met ‘n kabelstrik gevang is, afgekom toe hy daar verby stap.
Hy het dit toe by die eienaar van ‘n plaaswinkel gaan aanmeld.
Dr Nolan Landman, van die Witbank Veearts Hospitaal, het die hulp van Deon Cornelius van Ubhetyan ingeroep om die luiperd te probeer red.
Hulle het die luiperd verdoof, in ‘n krat gelaai en met hom eMalahleni toe gejaag, sodat hy die nodige mediese hulp kon kry. Hy is egter dood voor hy die hospitaal kon bereik.
Mnr. Cornelius, wat hom met die bewaring van die gespikkelde katte bemoei, sê dat dit ‘n pragtige volgroeide mannetjie was. Hy het dieselfde dag talle ander strikke in dieselfde bos afgehaal.
Lees ook:
Dorp neem afskeid van geliefde polisievrou
Ouma is lus en vaar die strate in
Soek jy nuus op ’n drafstap?
Stoor ons bystand nommer (072 248 3855) en stuur ons ‘n Whatsapp boodskap met die woorde “Add me” om deel te word van ons uitsaailys.
“Like” ons op Facebook, of volg ons op Twitter en Instagram.
Volg ons YouTube kanaal.
Kliek op die skakel om te registreer om ons nuusbrief met die jongste nuus per e-pos te kry
Het julle vir ons ’n storie?
Kontak die redaksie op ons 24 uur bystandnommer 072 248 3855, of stuur ‘n e-pos aan ons redakteur tobie@mobserver.co.za
