Motorfietsdiewe skiet op reaksielede
Twee vermeende motorfietsdiewe is die afgelope paar jaar op Middelburg doodgeskiet.
Nou het dié diewe klaarblyklik besluit om terug te skiet!
Hulle het op reaksielede van sekuriteitsfirmas geskiet, toe hulle op heterdaad betrap is.
Mnr. Ferdie Labuschagné (van CSC Tactical Sekuriteit) sê die booswigte was gelukkig te ver om hulle raak te skiet, maar het steeds weggekom in ‘n blou BMW X6 voertuig.
Hy het ‘n noodalarm gekry van mnr. Bertus Coetzee se huis in John Magagulastraat en het daarheen gejaag.
Met sy aankoms, in minder as vier minute, het mnr. Coetzee hom meegedeel dat diewe sy motorfiets, ‘n BMW GS 800F, gesteel het. Hulle het die hek van die spoor afgetel om die motorfiets te steel.
Mnr. Labuschagné het MidAlarms reaksielede, Donray Nel, Jomanus du Toit, Bennie Landman en CP Kotze, se hulp ingeroep. Die groep van vyf het in die rigting van die treinspoor gejaag.
Minute later het hulle gesien hoe drie booswigte die motorfiets op die grondpaadjie stoot en vergesel word van ‘n blou BMW.
Terwyl hulle nader beweeg, het die bestuurder van die BMW twee skote op die reaksielede gevuur.
In die daaropvolgende paar sekondes het die motorfietsdiewe die motorfiets neergesmyt, in die BMW gespring en weggejaag.
Lees ook:
Dorp neem afskeid van geliefde polisievrou
Ouma is lus en vaar die strate in
Soek jy nuus op ’n drafstap?
Stoor ons bystand nommer (072 248 3855) en stuur ons ‘n Whatsapp boodskap met die woorde “Add me” om deel te word van ons uitsaailys.
“Like” ons op Facebook, of volg ons op Twitter en Instagram.
Volg ons YouTube kanaal.
Kliek op die skakel om te registreer om ons nuusbrief met die jongste nuus per e-pos te kry
Het julle vir ons ’n storie?
Kontak die redaksie op ons 24 uur bystandnommer 072 248 3855, of stuur ‘n e-pos aan ons redakteur tobie@mobserver.co.za
