Swerwer het dalk spoor van misdaad agtergelaat
'n Swerwer wat in Utrecht gearresteer is vir diefstal was moontlik in die res van die land by misdaad betrokke.
Die Utrecht polisie het bevestig dat Wayne Petitt gearresteer is vir diefstal en dat hy kort na sy arrestasie oorgeplaas is na Frankfort, waar die Mafube Polisie ook ‘n lasbrief vir sy inhegtenisname gehad het. Hy is in aanhouding in Frankfort waar hy ook op diefstalklagtes tereg sal staan.
Petitt sal na verwagting binnekort ook Secunda toe vervoer word sodat hy daar ook aangekla kan word vir diefstal, nadat hy na bewering twee ringe ter waarde van R140 000 uit ‘n huis op skou gesteel het.
Daar word vermoed dat hy ook op Middelburg bedrywig was.
Lees ook: Motorfietsdiewe skiet op reaksielede
Me. Lydia Rautenbach sê dat hulle op 18 Oktober ‘n klag van diefstal by die Secunda polisie gaan oopmaak het nadat Petitt glo twee ringe by haar ma se huis, wat op skou is, gesteel het.
Petitt het by die eiendomsagent wat me. Rautenbach se ma se huis bemark, gaan aanklop en gesê dat hy graag die huis wil besoek “om ‘n gevoel van die huis te kry”.
Die agent het hom egter nie na die eiendom vergesel nie en Petitt toegelaat om die huis op sy eie te besoek.
Die eienaars was nie daar nie, maar met hul terugkeer het hulle gemerk dat iemand in die klaer se juwelekissie op haar spieëlkas gekrap het.
‘n Ring wat vir me. Rautenbach se ma gekoop is ter viering van haar 25ste huweliksherdenking en ‘n ring met die klaer se geboortesteen was beide weg.
Lees ook: WATCH: Robbery caught on video, police looking for suspects
Intussen het talle Facebook gebruikers van Secunda tot Dundee en Glencoe soortgelyke aantuigings teen Petitt op sosiale media gemaak.
Die Secunda agent het hom herken en dadelik alarm gemaak.
Petitt was glo sedert 3 Oktober in die Mpumalanga omgewing, insluitende Bethal en Ermelo.
Die polisie het bevestig dat hy vantevore ook gearresteer is vir bedrog, huisbraak en diefstal en minstens sewe jaar tronkstraf uitgedien het.
Lees ook:
Dorp neem afskeid van geliefde polisievrou
Ouma is lus en vaar die strate in
Soek jy nuus op ’n drafstap?
Stoor ons bystand nommer (072 248 3855) en stuur ons ‘n Whatsapp boodskap met die woorde “Add me” om deel te word van ons uitsaailys.
“Like” ons op Facebook, of volg ons op Twitter en Instagram.
Volg ons YouTube kanaal.
Kliek op die skakel om te registreer om ons nuusbrief met die jongste nuus per e-pos te kry
Het julle vir ons ’n storie?
Kontak die redaksie op ons 24 uur bystandnommer 072 248 3855, of stuur ‘n e-pos aan ons redakteur tobie@mobserver.co.za
