News

Motorfiets met geraamte handjies op gesteel

’n Unieke motorfiets met geraamte handjies wat die spieëls vashou, is Saterdag in Hendrina gesteel.

Die motorfiets, ’n sit Yamaha XV1700 Roadstar Silverado (registrasienommer JBY133MP), is deur die loop van Saterdagnag of in die vroeë oggendure Sondag uit mnr. Christo de Kock se motorhuis in Rensburgstraat gesteel.

Die motorfiets van nader gesien.

Sy vriendin, Carien Pretorius, sê die motorfiets kan duidelik uitgeken word aan die swart geraamte handjies (chroom) wat die spieëls vashou. Die motorfiets het ook twee splinternuwe bande en die brandstofmeter is buite werking.

Die motorfiets kan uitgeken word aan die geraamte handjies wat die speëls vashou.

Die booswigte het die motorfiets sonder die sleutels gesteel, dus kan hy nie aansluit nie en sal hulle die aansluiter moet vervang.

As enigiemand inligting het oor waar die motorfiets moontlik kan wees, bel Carien by 082 497 1651.

 

Lees ook:

Dorp neem afskeid van geliefde polisievrou

Kanonkop matrieks groet

Ouma is lus en vaar die strate in

VIDEO: Karien is pure goud

 

Soek jy nuus op ’n drafstap?

Stoor ons bystand nommer (072 248 3855) en stuur ons ‘n Whatsapp boodskap met die woorde “Add me” om deel te word van ons uitsaailys.

“Like” ons op Facebook, of volg ons op Twitter en Instagram.

Volg ons YouTube kanaal.

Kliek op die skakel om te registreer om ons nuusbrief met die jongste nuus per e-pos te kry

Het julle vir ons ’n storie?

Kontak die redaksie op ons 24 uur bystandnommer 072 248 3855, of stuur ‘n e-pos aan ons redakteur tobie@mobserver.co.za

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button