News

Slange sak toe op Middelburg

Die slange het toegesak op Middelburg met die geweldige warm Somerdae die afgelope tyd.

Volgens Victor Boshoff (voorsitter, Middelburg Herpetologiese Vereniging) was die meeste slange skadeloos, soos die bruin huisslange, skaapstekertjies en molslange.

Hulle het egter ook heelparty giftige slange gevang, waaronder rinkhalse. pofadders en in die mees onlangse geval (Sondag) ’n Mosambiekse spoegkobra.
Daar word gevra dat mense, wat onkundig is, nie self slange sal vang nie, aangesien die genoemde slange uiters giftig is.

Mnr. Boshoff sê die goue reël om slange uit jou erf te hou, is om seker te maak daar is nie “kos” of skuilplek vir hulle nie. Hou jou erf netjies, want waar muise of rotte kan nesmaak, gáán jy slange kry.

 

Die giftige slange wat in die Middelburg omgewing voorkom is:

Rinkhals: die gif is neuro- en sitotoksies en veroorsaak weefsel en senuweeskade. ‘n Rinkhals val nie sommer aan nie, maar sal beslis byt as jy hom onnodig hanteer of op hom trap.
Dié slang maak partykeer of hy dood is as hy vasgekeer is. Dit is dan wat hy op sy gevaarlikste is en dan sal hy byt. Rinkhalsgif se simptome wys soms eers na 72 uur.As die rinkhals sy kop bak maak, maak dadelik jou oë toe, want hy spoeg vir die hoogste area en dit tref gewoonlik in die oë. Doktersbehandeling is dan nodig.

Die Rinkhals

Pofadder: dié slang pik vinniger as wat jy jou oog kan knip. Sy gif is erg sitotoksies en gaan dit voel of jy jou hand in kookolie druk as hy jou byt. Die byt veroorsaak massiewe weefselskade en is antiserum nodig.

Mosambiekse spoegkobra: hierdie gif is ook neuro- en sitotoksies en dringende mediese behandeling is belangrik. In 70% gevalle moet mense veloorplantings kry na dié slang se byt.

Die Mosambiekse spoegkobra.

Swartmamba: hierdie spesie het in die verlede nie in Middelburg voorgekom nie, maar verlede jaar is ’n paar mambas in die omgewing gevang.
‘n Persoon wat nie antiserum kry nie, kan binne 30 minute sterf, afhangende van sy grootte, liggaamsvet en selfs onderliggende siektes en allergieë.

Die Swartmamba.

Die sypikslang, ook die Bibron of Stiletto genoem, kom algemeen in ons omgewing voor, Hy word gereeld verwar met bruin huisslange en waterslange. Hierdie slang se tande is buite sy kop en sal beslis pik.
Weens die ligging van sy tande kan jy hom nie agter die kop vang nie en is uiters gevaarlik. ‘n Stiletto se gif is sitotoksies en veroorsaak erge pyn en swelling. Daar is geen antiserum vir dié slang se gif beskikbaar nie en behandeling is simptomaties.

Die Stiletto of sypikslang.

•Mnr. Boshoff nooi weereens dokters en spesialiste, asook mense wat deur slange gepik word om hom te kontak. Deur net na die bytplek te kyk, kan hy identifiseer watter slang die persoon gebyt het. ’n Foto kan ook geneem word en vir hom via WhatsApp gestuur word na 083 628 4902.

•Talle lede van die Middelburg Herpetologiese Vereniging sal ook Kerstyd en nuwejaar beskikbaar wees om slange te verwyder. 079 606 8374 (Fanie), 072 967 9381 (Rehan), 072 339 2273 (Phillip), 082 769 0277 (Bernard), 066 285 1008 (Darren), 082 898 5242 (Mark), 079 078 2814 (Belinda) en 072 606 9393 (Stoney).

 

Lees ook:

Dorp neem afskeid van geliefde polisievrou

Kanonkop matrieks groet

Ouma is lus en vaar die strate in

VIDEO: Karien is pure goud

 

Soek jy nuus op ’n drafstap?

Stoor ons bystand nommer (072 248 3855) en stuur ons ‘n Whatsapp boodskap met die woorde “Add me” om deel te word van ons uitsaailys.

“Like” ons op Facebook, of volg ons op Twitter en Instagram.

Volg ons YouTube kanaal.

Kliek op die skakel om te registreer om ons nuusbrief met die jongste nuus per e-pos te kry

Het julle vir ons ’n storie?

Kontak die redaksie op ons 24 uur bystandnommer 072 248 3855, of stuur ‘n e-pos aan ons redakteur tobie@mobserver.co.za

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Check Also
Close
Back to top button