News

DBV vra: ‘die klappers moet stop!’ na honde in die straat rondhol

Die Dierebeskermingsvereniging, privaat persone en polisie- en verkeerslede het oor Nuwejaar rondgejaag om mense te waarsku en verwilderde diere te vang.

“Die klappers moet stop! Ek weet nie hoe ons dit gaan regkry nie, maar daar sal strenger teen mense opgetree moet word!” het senior inspekteur Petro Oberholzer (Bestuurder, Middelburg DBV) vanoggend kwaad gesê.

Sy het gesê dat hulle rondgejaag het agter verwilderde diere in die strate aan.

Hulle het in totaal 14 honde gevang en het talle mense ook gebel wat vreemde honde in hul huise en erwe gekry het.
“Ek het nie simpatie met mense wie se honde bang was of uitgekom het nie. Die afgelope sewe jaar was ek nie by my diere nie, omdat ek in ons dorp se strate agter ander diere aan is. Ek het voorsorg getref en hulle susmiddels gegee en in my huis gehou. Ons hét die mense gewaarsku om voorsorgmaatreëls met hul diere te tref!”

By een huis het hulle ’n man gewaarsku wat gesê het dat hy ’n verkeersman is en dat ook hy aggressief teenoor hulle was.

Snr-insp. Oberholzer was baie dankbaar vir die hulp wat sy gekry het van persone wat sedert oujaarsaand tot in die vroeë nuwejaarsure hul hulp aangebied het om mense wat klappers skiet aan te spreek.

Sy het die volgende persone en instansies bedank wat hulle deur die nag ondersteun het: Bernard van der Berg (DBV komitee voorsitter), Franko Loots (DBV komiteelid), Middelburg Herpetologiese Vereniginglede Victor en Darren Boshoff en Rehan Calitz, GPF-lede, kapt. Khanyisile Zwane (mediawoordvoerder) en verskeie polisielede wat met voertuie gehelp het, asook die verkeerslede wat twee keer uitgekom het vir klagtes.

•Snr-insp. Oberholzer sê alhoewel talle mense reeds hul verlore diere kom afhaal het by die DBV, daar nog steeds honde in die hokke is wat oor die Nuwejaarstydperk ingekom het.

•Aerorand en Mhluzi, wat soos ’n oorlogsone geklink het, was die twee grootste brandpunte.

 

Lees ook:

 

Nuwe tierbaba by Mbidi

Video: Opruimingswerk begin na drie damwalle breek weens wolkbreuk

Annica van Staden slagoffers verloor duisende

VIDEO: Seekoei kuier op Elandslaagte

Soek jy nuus op ’n drafstap?

Stoor ons bystand nommer (072 248 3855) en stuur ons ‘n Whatsapp boodskap met die woorde “Add me” om deel te word van ons uitsaailys.

“Like” ons op Facebook, of volg ons op Twitter en Instagram.

Volg ons YouTube kanaal.

Kliek op die skakel om te registreer om ons nuusbrief met die jongste nuus per e-pos te kry

Het julle vir ons ’n storie?

Kontak die redaksie op ons 24 uur bystandnommer 072 248 3855, of stuur ‘n e-pos aan ons redakteur tobie@mobserver.co.za

You can read the full story on our App. Download it here.
Back to top button