Jong man in fratsongeluk op plaas doodgeskok
’n Oud-leerling van HTS Middelburg, is Vrydag in ’n fratsongeluk op ’n plaas in die Kriel omgewing oorlede.

Jandré Bosman (32) was besig by ’n watertenk op die plaas toe ’n leer aan oorhangende kragkabels geraak en hom dood geskok het.
Sy broer, Jaco, het hom as iemand beskryf wat sy lewe voluit geleef het.
“Die lewe het hom nooit gejaag nie. Hy was altyd daar waar dit vir hom lekker was. Hy het ’n baie vol lewe gehad. Hy was ’n karakter en die mense wat plaas toe stroom is ’n bewys van hoeveel mense vir hom lief was,” het sy broer gesê.

Jandré laat sy ouers, twee broers en twee susters agter.
Daar sal Saterdag 30 Maart, om 12:00, ’n informele gedenkdiens vir Jandré gehou word op die plaas Nooitgedacht. Bel of WhatsApp vir Jaco by 072 443 5312 vir aanwysings na die plaas of verdere inligting.
Lees ook:
Video: Opruimingswerk begin na drie damwalle breek weens wolkbreuk
Annica van Staden slagoffers verloor duisende
VIDEO: Seekoei kuier op Elandslaagte
Soek jy nuus op ’n drafstap?
Stoor ons bystand nommer (072 248 3855) en stuur ons ‘n Whatsapp boodskap met die woorde “Add me” om deel te word van ons uitsaailys.
“Like” ons op Facebook, of volg ons op Twitter en Instagram.
Volg ons YouTube kanaal.
Kliek op die skakel om te registreer om ons nuusbrief met die jongste nuus per e-pos te kry
Het julle vir ons ’n storie?
Kontak die redaksie op ons 24 uur bystandnommer 072 248 3855, of stuur ‘n e-pos aan ons redakteur tobie@mobserver.co.za