Vrou pleit vir gordel op grutoneel
’n Plaaslike sakeman, mnr. Gerrie Gerrits, sê dat hy eenvoudig nie die prentjie van me. Lizel Visagie in die pad sonder haar been uit sy kop kry nie.
“Die trauma van wat voor my afgespeel het, sal my tot die dood toe bybly,” sê mnr. Gerrits wat kort nadat me. Visagie raakgery is, noodgedwonge vir haar moes uitswaai waar sy in die pad voor hom en sy vrou Marietjie geland het.
Hulle was by die groentewinkel laer af in Cowen Ntulistraat waar hulle gewag het vir ’n gaping om by die verkeer in te draai, toe ’n swart BMW met ’n verkeersmotor agterna, teen ’n geweldige spoed verby hulle geswiep het.
Mnr. Gerrits, wat agter die verkeersmotor gery het, sê hy het gesien hoe die swart BMW ’n wit BMW in die kruising tref.
“Toe ek terugkyk was die vrou reg voor my kar en moes ek uitswenk om haar te mis,” sê hy.
Hy het van die pad by McDonald’s afgetrek en gesien hoe sak omstanders op die swart BMW toe.
“’n Vrou het aangehardloop gekom en paniekerig vir die mans gevra vir ’n broekgordel om die vrou in die pad se been af te bind om die bloeding te stop, dit was chaos,” sê mnr. Gerrits.
“Daar was min wat enige iemand vir haar kon doen, maar almal het probeer, dit was ’n hartverskeurende gesig, haar arme kind”.
•Me. Visgaie is later in die hospitaal dood verklaar.
•Lees meer in hierdie week se uitgawe van die Middelburg Observer oor die man wat beskuldig word dat hy die ongeluk veroorsaak het.
Lees ook:
Video: Opruimingswerk begin na drie damwalle breek weens wolkbreuk
Annica van Staden slagoffers verloor duisende
VIDEO: Seekoei kuier op Elandslaagte
Soek jy nuus op ’n drafstap?
Stoor ons bystand nommer (072 248 3855) en stuur ons ‘n Whatsapp boodskap met die woorde “Add me” om deel te word van ons uitsaailys.
“Like” ons op Facebook, of volg ons op Twitter en Instagram.
Volg ons YouTube kanaal.
Kliek op die skakel om te registreer om ons nuusbrief met die jongste nuus per e-pos te kry
Het julle vir ons ’n storie?
Kontak die redaksie op ons 24 uur bystandnommer 072 248 3855, of stuur ‘n e-pos aan ons redakteur tobie@mobserver.co.za
