News

Ouma is een van vele wat vir aanlyn seksskelms geval het

“Is that an Ouma?” “Ouma?” “Goodness!”

Met Toyota loop alles reg, altyd reg.
Hulle Ouma-advertensie wys dat ouderdom in niemand se pad hoef te staan nie.

Ouma Igna Muller (78) het ook so gedink en toe sy aanlyn liefde vind het dit so warm geraak, dat dit waarskynlik Margaret sou laat bloos.
Rapport het Sondag oor Ouma Igna en die aanlynskelms berig.

Aan die Sondagkoerant het sy gesê “hy het gevra ek moet iets doen. Ek het dit gedoen. Ek gaan jou nie sê wat nie, dis vieslik”.
Sy moes nie net haar trots sluk nie, maar is ook R30 000 armer.

Die rede waarom sy met die koerant gepraat het, is om ander mense te waarsku.
Nou blyk dit dat Ouma Igna se storie een van duisende in die land is.

Na boodskappe en foto’s aan ‘n vrou wat haar dienste op Internet aangebied het, word ‘n man van Middelburg met die dood gedreig, omdat hy nie R7 000 aan ‘n afdreiger wil betaal nie.
Die inwoner (wat verkies om anoniem te bly) sê hy is ongetroud en het ‘n ene “Elizabeth” se nommer op Internet gekry.

Hy het ‘n WhatsApp boodskap gestuur en haar uitgevra.

Binne ‘n paar boodskappe het dinge “warm” begin word en het sy naakfoto’s vir hom gestuur. Die man sê hy weet nou dat dit beslis nie sy is nie, maar ‘n foto wat waarskynlik van ‘n pornografiese webtuiste afgelaai is.

Hy is dadelik inkatrol, want sy het sommer vir hom ‘n bostuklose en net daarna ‘n totale naakfoto gestuur.
Sy wou egter ook foto’s van hóm hê en het hom oortuig om ‘n vollengte naakfoto te stuur.

Sy het vir R250 gevra en gesê dat as hy betaal is “satisfaksie gewaarborg”.

Voordat hy behoorlik kon antwoord, het hy skielik ‘n oproep gekry van ‘n onbekende man, wat aggressief gevra het waarom hy boodskappe “na sy vrou toe stuur”.

Die aggressor het sy naam, huisadres en ander persoonlike inligting geken. Hy het ook vir hom gesê dat hy R7 000 moet betaal, anders gaan hy die naakfoto’s, wat hy gestuur het vir die vrou, op sosiale media versprei.

Die man het gesê hy is werkloos en kan dit nie bekostig nie en dat hy die polisie gaan kontak.

Na bykans elke dreigboodskap het die man die afdreiger op sy selfoon geblok, maar is hy net wéér gekontak van ‘n ander nommer af.

•Die man sê hy het die vrou per WhatsApp gekonfronteer, waarop sy eers ontken het dat sy saam met die man werk, maar hom aangeraai om “ter wille van my eie veiligheid” die afdreiger te betaal.

•Hy het besef dat die afdreigers ‘n hele netwerk het wat hulle bedryf.

Die nommers behoort aan ‘Valencia’, ‘Vicky’, ‘Victoria’, ‘Nelly’ en selfs ‘Alicey’ wat hul dienste van dié telefoonnommers af op Internet adverteer.

•Die man sê hy het reeds met ‘n polisielid gepraat wat hom aangeraai het om met al die boodskappe, waar die persoon dreig om hom dood te maak, polisie toe te gaan.

www.mobserver.co.za het al die nommers van ‘Elizabeth’, asook die afdreiger se nommers wat verskaf is gebel, maar al die nommers, buiten een, was af.

‘n Vrou het een van die nommers geantwoord, maar skielik onsamehangend nommers begin opsê toe die koerant haar vra om met die man te praat aan wié die foon behoort. Sy kon skielik ook nie Engels verstaan nie.

 

 

 

 

 

Lees ook:

 

Nuwe tierbaba by Mbidi

Video: Opruimingswerk begin na drie damwalle breek weens wolkbreuk

Annica van Staden slagoffers verloor duisende

VIDEO: Seekoei kuier op Elandslaagte

Soek jy nuus op ’n drafstap?

Stoor ons bystand nommer (072 248 3855) en stuur ons ‘n Whatsapp boodskap met die woorde “Add me” om deel te word van ons uitsaailys.

“Like” ons op Facebook, of volg ons op Twitter en Instagram.

Volg ons YouTube kanaal.

Kliek op die skakel om te registreer om ons nuusbrief met die jongste nuus per e-pos te kry

Het julle vir ons ’n storie?

Kontak die redaksie op ons 24 uur bystandnommer 072 248 3855, of stuur ‘n e-pos aan ons redakteur tobie@mobserver.co.za

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Back to top button