News

VIDEO – Tiener neem afskeid van heldin ma saam met vol kerk

Daar is met swaar harte afskeid geneem van me. Lizel Visagie (38) wat verlede Saterdag oorlede is, nadat sy deur ’n jaagduiwel, wat vanaf verkeersmanne probeer vlug het, in die besige McDonald’s kruising voor haar tienerdogter Ceriza (15) raak gery is. Ceriza is net betyds uit die pad gestamp.

Me. Visagie het saam haar ma Marie koekies verkoop vir ’n lewe.

Die gemeenskap van Middelburg het egter hand diep in die sak gesteek met drie plaaslike sakemanne wat elk onderskeidelik R15 000, R10 000 en R7000 aan die familie geskenk het na die tragedie. Talle ander inwoners, en simptiseerders so ver as Johannesburg, het ook almal bydraes gemaak.

Ceriza se wens dat daar nie swart na haar ma se roudiens toe aangetrek word nie, is Maandag nagekom waar ds. Hardus van Niekerk ’n sterk boodskap gelaat het dat “misdaad nie God se plan is nie”.

Die man wat me. Visagie raak gery het, Khumbulani Malinga, sit tans in die tronk.

Hy was volgens die polisie besope en het vir die verkeersdepartement weggejaag toe hy die ongeluk veroorsaak het kort voor 10:00.
Ceriza sal Dinsdag saam haar pa terugvlieg Nieu Seeland toe waar hy woon en werk. Sy was ’n leerling van HTS Middelburg.

Me. Visagie se ma, Marie, het tydens ’n huldeblyk aan haar ontslape dogter, ieder en elk bedank wat bydraes, hetsy kos of finansieel, aan die gesin gemaak het.

 

 

 

 

Lees ook:

 

Nuwe tierbaba by Mbidi

Video: Opruimingswerk begin na drie damwalle breek weens wolkbreuk

Annica van Staden slagoffers verloor duisende

VIDEO: Seekoei kuier op Elandslaagte

Soek jy nuus op ’n drafstap?

Stoor ons bystand nommer (072 248 3855) en stuur ons ‘n Whatsapp boodskap met die woorde “Add me” om deel te word van ons uitsaailys.

“Like” ons op Facebook, of volg ons op Twitter en Instagram.

Volg ons YouTube kanaal.

Kliek op die skakel om te registreer om ons nuusbrief met die jongste nuus per e-pos te kry

Het julle vir ons ’n storie?

Kontak die redaksie op ons 24 uur bystandnommer 072 248 3855, of stuur ‘n e-pos aan ons redakteur tobie@mobserver.co.za

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Gerhard Rheeder

I have been a journalist for two decades, with numerous awards to my credit, both in photography and writing. A brief stint as researcher in the opposition offices of the Mpumalanga Provincial Legislature, honed my skills as specialist local government reporter, covering crime and courts.
Back to top button