Pa en seun sterf in ongeluk
Die pa en seun wat Sondagoggend in ’n gru-ongeluk op die hoek van Samora Machel- en Mandelstraat gesterf het, is geïdentifiseer as Stephen (55) en Raymond Wilson (25).

Volgens mnr. Wilson se vrou, Sonja, het die ongeluk om 05:51 plaasgevind.
Beide pa en seun het op die toneel gesterf.
Raymond het bestuur en het by die verkeerslig gestop. Die oomblik toe hy wegtrek, het ’n bakkie hul voertuig getref. Met die geweld van die slag, is die Bantam bakkie waarin pa en seun gery het, vir etlike meters ver gesleep. Na wat verneem word het die ander voertuig se spoedmeter op 100 km/p/h vasgeslaan.

•Daar word gevra dat enige persoon wat ooggetuies was van die ongeluk, om Ruan te bel by 072 933 8450.
•’n Gesamentlike roudiens word Donderdag om 11:00 uit die Hervormde Kerk, Noord (Kanonkop) gehou.
Lees ook:
Video: Opruimingswerk begin na drie damwalle breek weens wolkbreuk
Annica van Staden slagoffers verloor duisende
VIDEO: Seekoei kuier op Elandslaagte
Soek jy nuus op ’n drafstap?
Stoor ons bystand nommer (072 248 3855) en stuur ons ‘n Whatsapp boodskap met die woorde “Add me” om deel te word van ons uitsaailys.
“Like” ons op Facebook, of volg ons op Twitter en Instagram.
Volg ons YouTube kanaal.
Kliek op die skakel om te registreer om ons nuusbrief met die jongste nuus per e-pos te kry
Het julle vir ons ’n storie?
Kontak die redaksie op ons 24 uur bystandnommer 072 248 3855, of stuur ‘n e-pos aan ons redakteur tobie@mobserver.co.za