VIDEO: Verarmde Optimum werkers teiken boer
’n Boer in die Pullenshope omgewing het minstens R160 000 se skade gely nadat stakende Optimum werkers by twee geleenthede sy bale aan die brand gesteek het.

Jan Uys in Pullenshope huur landbougrond by Optimum. Hy het bale vir die winter gemaak, maar die laaste bale is Maandag totaal en al verwoes nadat dit vir ’n tweede keer aan die brand gesteek is.
Die vorige brand was twee weke gelede. Mnr Uys het in totaal meer as 400 bale verloor.
“Dit is nou ’n geval van aan die een kant sit daar mense in armoede, en dan brand hulle iemand anders se kos sodat hulle ook moet verarm, ek verstaan nie die logika nie,” sê Danie van Wyk, een van die boere wat op die toneel was.

Daar is ’n brief op die toneel gekry wat lei “Ons soek ons geld van Optimum Coal. Ons is nie besig om speletjies te speel nie. Ons werk nou al vier maande sonder salaris. Ons is nie honde nie, ons is mense net soos julle.”
Mnr. Van Wyk het almal wat gejaag het om die vuur te blus, wat uit mynvoertuie, munisipale voertuie en boere bestaan het, bedank vir hulle hulp.
Hy het voorspel dat boere in die omgewing sal moet bontstaan in die toekoms om te keer dat daar nie nog vure aangesteek word nie.

“Hulle speel ’n kat-en-muis speletjie en ons het nie ’n ander keuse as om saam te speel nie,” sê mnr. Van Wyk. Die boere in die omgewing het ’n beroep op Optimum gedoen om hulle mense te betaal.
“Ons is onskuldig in hierdie ding en ons moet oral keer. Volgende brand hulle ons oeste af!” sê mnr. Van Wyk.

Lees ook:
Video: Opruimingswerk begin na drie damwalle breek weens wolkbreuk
Annica van Staden slagoffers verloor duisende
VIDEO: Seekoei kuier op Elandslaagte
Soek jy nuus op ’n drafstap?
Stoor ons bystand nommer (072 248 3855) en stuur ons ‘n Whatsapp boodskap met die woorde “Add me” om deel te word van ons uitsaailys.
“Like” ons op Facebook, of volg ons op Twitter en Instagram.
Volg ons YouTube kanaal.
Kliek op die skakel om te registreer om ons nuusbrief met die jongste nuus per e-pos te kry
Het julle vir ons ’n storie?
Kontak die redaksie op ons 24 uur bystandnommer 072 248 3855, of stuur ‘n e-pos aan ons redakteur tobie@mobserver.co.za
