News

Man verlam na wiel bars

Die enigste broodwinner en ’n pa van vier, is verlam nadat hy in ’n motorongeluk betrokke was.

Trevor Roberts (41) was Vrydag, 22 Maart, in ’n ongeluk naby die Duvha Kragstasie betrokke toe sy bakkie se wiel gebars en die bakkie teen ’n boom gebots het. Mnr. Roberts was op pad terug van Johannesburg na Middelburg toe die ongeluk gebeur het. Hy werk as motorbestuurder en karweier vir Henred-Freuehalf.

Mnr. Roberts is eers in die Kosmoshospitaal opgeneem en van daar per helikopter na Milparkhospitaal in Johannesburg oorgeplaas. Daar het dokters aan sy familie gesê dat hy sy vyfde nekwerwel gebreek het en dat hy van sy middellyf af ondertoe verlam is. Mnr. Roberts se longe het ook na die ongeluk plat geval en hy haal tans steeds met behulp van masjiene asem.

Hy is sedert die ongeluk in ’n mediese koma gehou waarvan hy nou stadig maar seker wakker gemaak word.

“As jy praat maak hy sy oë oop, maar hy is nog baie swak. Hy weet nog nie dat hy verlam is nie,” vertel sy ma wat probeer om weekliks van Middelburg na Johannesburg te reis om hom te besoek.

Dokters kan ook nie aan die familie enige aanduiding gee oor wanneer mnr. Roberts uit die hospitaal ontslaan sal word nie. Hy sal na sy ontslag eers na ’n rehabilitasiesentrum moet gaan.

“Trevor is ’n groot man, nie vet nie, net fisies groot. Die verpleegster in die hospitaal het gesê hy sal vinnig herstel omdat hy so groot en sterk is, toe kry Trevor so effense glimlag op sy gesig, so hy hoor ons,” vertel mev. Herbst.

Mnr. Roberts se vorige vrou is ’n paar jaar gelede oorlede. Hy het twee seuns by haar.

Sy vrou, Suzette, sien tans om na sy twee seuns sowel as haar eie twee kinders. Sy beskik nie oor haar eie vervoer nie en is afhanklik van weldoeners.

Lees ook: Broer in eindstryd – JP veg om weer te kan loop

“Ons moet net alles uitsorteer. Alles moet tog net uitwerk,” sê ’n duidelik angstige Caroline Herbst, Trevor se ma wat in Durban woon, terwyl sy oor haar seun se ongeluk en die pad vorentoe praat.

“Die lewe moet aangaan. Ek moet net eers probeer om almal hier reg te kry,” sê mev. Herbst.

Sy sê dat hulle graag almal wat hulle tot dusver ondersteun het wil bedank. “Van die mediese personeel tot sy kollegas en die mense van Solid Ground wat so vir Trevor bid.”

• Mnr. Roberts se ouma, Alet Herbst, is in Oktober verlede jaar in ’n motorongeluk oorlede toe ’n ander motor van voor af met haar motor gebots het op die Loskopdampad net na die Proteastraat verkeerslig.

Mev. Herbst sê dat sy seker is haar seun het ’n voorgevoel gehad omdat hy kort voor sy ongeluk by sy oupa op die plaas gaan kuier het en vreeslik gehuil het oor sy ouma se dood.

 

 

 

 

 

Lees ook:

 

Nuwe tierbaba by Mbidi

Video: Opruimingswerk begin na drie damwalle breek weens wolkbreuk

Annica van Staden slagoffers verloor duisende

VIDEO: Seekoei kuier op Elandslaagte

Soek jy nuus op ’n drafstap?

Stoor ons bystand nommer (072 248 3855) en stuur ons ‘n Whatsapp boodskap met die woorde “Add me” om deel te word van ons uitsaailys.

“Like” ons op Facebook, of volg ons op Twitter en Instagram.

Volg ons YouTube kanaal.

Kliek op die skakel om te registreer om ons nuusbrief met die jongste nuus per e-pos te kry

Het julle vir ons ’n storie?

Kontak die redaksie op ons 24 uur bystandnommer 072 248 3855, of stuur ‘n e-pos aan ons redakteur tobie@mobserver.co.za

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Jana Boshoff

Jana works as a senior support specialist for Caxton digital. Before that she was a journalist at the Middelburg Observer 15 years where she won numerous awards including Sanlam's Up and Coming Journalist, Caxton Multimedia Journalist of the Year, and several investigative awards. She is passionate about people and the stories untold.
Back to top button