Sewejarige verloor tweede keer honde na vergiftigings
Twee maande nadat ’n inwoner van Dennesig ’n R10 000 beloning aangebied het vir inligting na hul twee lieflinghonde vergiftig is, is sy sewejarige dogtertjie se nuwe drie jong hondjies laasnag vergiftig.
“Dit het my kind twee maande geneem om net weer buite te speel na die ander vergiftig is, want sy was te bang. Nou het sy wéér daardie vrees!” sê mnr. Carlo van der Westhuizen.
Hy is laasnag om 02:40 gewek met die hondjies, Pabo en Escavar (Jack Russells) en Seun (Deense hond) se geblaf, en het dadelik gaan kyk wat aangaan.
Hy was nog effens deur die slaap en het gesien sy hondjies vreet iets, maar gedink hulle vreet hul pille. Toe hy sekondes later weer in sy kamer kom, het dit hom soos weerlig getref dat dit dalk gif is en het na buite gestorm.

Die oomblik toe hy buite kom, het die een hondjie se pootjies reeds onder hom geswik. Die baba Deense hond (Great Dane) het agter ’n plant gesit en hy het besef dat daar groot fout met hom ook is.
Hy het dadelik die veearts gebel, maar die een hondjie het gevrek terwyl hy met die veearts gepraat het. Die ander twee honde het op pad na die veearts gevrek.
Lees ook: R10 000 beloning om gifstrooiers te vang
“Hierdie is ’n bitter pil om te sluk! Ek dink ek gaan ons goed vat en terugtrek Jan Kempdorp toe. Ek gaan dit nie doen vir my nie, maar vir my kind.”
•Mnr. Van der Westhuizen het nadat sy diere gevrek het laasnag, vir die res van die nag patrollie gery, om te kyk of hy nie dalk die verdagtes sien nie.
•Die gesin se ander twee honde, Buddy (Deense hond) en Benjamin (Yorkshire terriër) is twee maande gelede vergiftig en het mnr. die diere op hul familieplaas op Jan Kempdorp gaan begrawe.

Hy het die honde sy “seuntjies” genoem, want hulle het oral saam met hom rondgery en selfs saam met die familie met vakansie gegaan.
Die nuwe hondjies het hulle net daarna gekry.
•Die gevreesde Temik gif, ook ‘Two Step’-gif genoem, omdat die diere so gou vrek, is vir die honde gegee.
•Verlede week is twee hondjies in SADC-straat in die Sentrale Sakegebied vergiftig.
•Daar is voorheen op noodgroepe gevra dat mense eerder hul diere agter in hul erwe of in die huis of motorhuis in die nagte moet hou, om die diere se veiligheid te verseker.
Lees ook:
Video: Opruimingswerk begin na drie damwalle breek weens wolkbreuk
Annica van Staden slagoffers verloor duisende
VIDEO: Seekoei kuier op Elandslaagte
Soek jy nuus op ’n drafstap?
Stoor ons bystand nommer (072 248 3855) en stuur ons ‘n Whatsapp boodskap met die woorde “Add me” om deel te word van ons uitsaailys.
“Like” ons op Facebook, of volg ons op Twitter en Instagram.
Volg ons YouTube kanaal.
Kliek op die skakel om te registreer om ons nuusbrief met die jongste nuus per e-pos te kry
Het julle vir ons ’n storie?
Kontak die redaksie op ons 24 uur bystandnommer 072 248 3855, of stuur ‘n e-pos aan ons redakteur tobie@mobserver.co.za
