Inbrekers slaan toe terwyl gesin in kerk is
Inbrekers het Sondagoggend by ’n huis in Irisstraat (Kanonkop) ingebreek, terwyl die gesin gou kerk toe was.

Die gesin (wie verkies om anoniem te bly) sê hulle was net tussen 09:15 en 10:40 weg en met hul terugkeer het hulle die huis in totale chaos gevind.
Die booswigte het ’n stuk van die palissadeheining uitgebreek en deurgeklouter. Hulle vermoed dit kon al deur die nag gedoen gewees het, aangesien daardie gedeelte van die heining agter ’n boom is.

Daarna is twee kamers vensters oopforseer, waarvan hulle die een venster sommer gebreek en die diefwering afgebreek is.
Al die kaste in die kamers is uitgegooi, totdat hulle ’n klein kluisie in een van die kaste gevind het. Dié het hulle uit die kas uitgebreek en gesoek totdat hulle ’n sleutel kon opspoor.
Die inhoud van die kluis, waaronder kontant en ’n paar duur juwele soos varswaterpêrels en ’n Krugerpond is gevat. Niks anders word vermis nie.

Lees ook:
Video: Opruimingswerk begin na drie damwalle breek weens wolkbreuk
Annica van Staden slagoffers verloor duisende
VIDEO: Seekoei kuier op Elandslaagte
Soek jy nuus op ’n drafstap?
Stoor ons bystand nommer (072 248 3855) en stuur ons ‘n Whatsapp boodskap met die woorde “Add me” om deel te word van ons uitsaailys.
“Like” ons op Facebook, of volg ons op Twitter en Instagram.
Volg ons YouTube kanaal.
Kliek op die skakel om te registreer om ons nuusbrief met die jongste nuus per e-pos te kry
Het julle vir ons ’n storie?
Kontak die redaksie op ons 24 uur bystandnommer 072 248 3855, of stuur ‘n e-pos aan ons redakteur tobie@mobserver.co.za
