Kat-eienaar se pleidooi om haar troeteldier op te spoor
Die familie van ’n vermiste persiese kat, Cedrick, doen ’n beroep op die gemeenskap om hulle te help om hul kat op te spoor.

Cedrick het in die Midwater Estate vermis geraak.
Eienaar Petro Steenkamp het brief geskryf in die hoop dat iemand dalk Cedrick aan hulle sal terugbesorg.
’n Beloning word ook aangebied vir die persoon wat die kat terugbring.

Die brief deur me. Steenkamp:
“Aan die gesiglose persoon wat Cedrick geneem het, terwyl jy weet dat jy ’n gesin en ’n weerlose katkind ’n onreg doen deur hom nie terug te besorg of moeite te doen om sy familie op te spoor nie, wil ek net die volgende onder jou aandag bring.
Cedrick eet net Royal Canin persiese kat kos en 800g rou plaashoender per dag. Hy mag net gefiltreerde water drink, omdat katte laktose intoleransie het.
Cedrick het in sy linkeroog ’n Entropion. Dit beteken dat sy onderste ooglid na binne draai en dus veroorsaak dat sy oorhaartjies sy Kornea krap en blindheid veroorsaak. Hy was in April geskeduleer vir ’n operasie.

Hy hou daarvan om soos ’n baba vasgehou te word, want vir ons, is hy ons baba. Hy slaap graag op ons vuil wasgoed en moet snags binne slaap.
Hy hou daarvan as jul sy magie krap en hou nie van vreemdelinge nie… dus sal jy veroorsaak dat ons katkind se siel en gees stadig dormand raak en later sal sterf!
Terloops, moet hy gereeld gekam word en weekliks gebad word. Knip asseblief gereeld sy naeltjies en vee sy ogies skoon.
Hy is op datum met sy immunisering. Wil ook net onder jou aandag bring dat hy ’n mikroskyfie onder sy vel het en dat alle veeartse, asook die dierehospitaal bewus is daarvan en weet hoe hy lyk.
Ek hoop van harte dat jy en jou gesin sal slaap deur die nag met die wete dat jy ’n weerlose katkind ’n onreg aan gedoen het.
Mag Cedrick met sy stukkende hart en siel, weer die weg vind om sy nuwe “gesin”, vreugde te gee.
Met liefde, Cedrick se Mamma.”
Lees ook:
Video: Opruimingswerk begin na drie damwalle breek weens wolkbreuk
Annica van Staden slagoffers verloor duisende
VIDEO: Seekoei kuier op Elandslaagte
Soek jy nuus op ’n drafstap?
Stoor ons bystand nommer (072 248 3855) en stuur ons ‘n Whatsapp boodskap met die woorde “Add me” om deel te word van ons uitsaailys.
“Like” ons op Facebook, of volg ons op Twitter en Instagram.
Volg ons YouTube kanaal.
Kliek op die skakel om te registreer om ons nuusbrief met die jongste nuus per e-pos te kry
Het julle vir ons ’n storie?
Kontak die redaksie op ons 24 uur bystandnommer 072 248 3855, of stuur ‘n e-pos aan ons redakteur tobie@mobserver.co.za
