NUUSFLITS: Kontrakteur doen erge brandwonde op na hy met tang aan lewendige kragkabel raak
’n Kontrakteur vir die munisipaliteit het ernstige brandwonde opgedoen nadat hy na bewering sowat ’n uur terug met ’n tang aan ’n kragkabel geraak het.

Die kontrakteur se naam is nog nie bekend gemaak nie, maar daar word verneem dat hy ernstige brandwonde aan sy gesig, hand en knieë opgedoen het. Hy is na die Middelburg Hospitaal afgevoer.

Rdl. Ammelia Struwig het die voorval bevestig en het gemeld dat die werker se toestand op hierdie stadium stabiel is.
Sy het gemeld dat die kontrakteur aangestel is om kragbokse, wat besig is om deur te roes, reg te maak en in stand te hou.

Die betrokke kragboks in Erembeestraat was klaarblyklik deurgeroes en was hy besig om daaraan te werk, toe die ongeluk gebeur het.
•Daar is nie op hierdie stadium meer inligting beskikbaar oor die voorval nie.
Lees ook:
Video: Opruimingswerk begin na drie damwalle breek weens wolkbreuk
Annica van Staden slagoffers verloor duisende
VIDEO: Seekoei kuier op Elandslaagte
Soek jy nuus op ’n drafstap?
Stoor ons bystand nommer (072 248 3855) en stuur ons ‘n Whatsapp boodskap met die woorde “Add me” om deel te word van ons uitsaailys.
“Like” ons op Facebook, of volg ons op Twitter en Instagram.
Volg ons YouTube kanaal.
Kliek op die skakel om te registreer om ons nuusbrief met die jongste nuus per e-pos te kry
Het julle vir ons ’n storie?
Kontak die redaksie op ons 24 uur bystandnommer 072 248 3855, of stuur ‘n e-pos aan ons redakteur tobie@mobserver.co.za
