News

Gifstrooiers slaan derde keer toe by huis

Gifstrooiers het vir die derde keer by ’n huis in Colleystraat (Dennesig) toegeslaan en vir die honde gif gevoer.

Me. Luandi van der Westhuizen het gelukkig gistermiddag vroeër tuis gekom en gesien daar is fout met hul twee nuwe langbeen foksterriërs, Lily en Doppies.
Sy het met hulle gejaag na die veearts, waar die honde tans nog behandeling ontvang.

Dit is die derde keer in twee maande dat hulle die Van der Westhuizens se honde vergiftig.

Die gesin se jong Jack Russells en Deense hondjie is verlede week vergiftig.

Mnr. Carlo van der Westhuizen is hewig ontsteld, aangesien hul sewejarige dogtertjie elke keer deur erge trauma gaan en nie eers buite wil speel nie.
Twee maande gelede het hy ’n R10 000 beloning aangebied vir inligting, nadat hul twee lieflinghonde vergiftig is.

Verlede Donderdag is hul twee nuwe Jack Russells en ’n Deense hond vergiftig. Hy is in die nag gewek deur hul geblaf en hy het gaan kyk wat aangaan. Voordat die honde nog na die veearts geneem kon word, het hulle gevrek.

Die gesin se pragtige Deense hond wat twee maande gelede vergiftig is.

“Wat vir my vreemd is, is dat die honde elke keer op ’n Donderdag vergiftig word!”

Hulle het kort nadat hulle ander honde vergiftig is, verlede week dié twee foksterriërs van sowat nege weke oud by familie gekry, wat hulle al die pad van Rustenburg af gebring het.
Omdat hulle bang is die hondjies word vergiftig, word hulle in die nag in die huis gehou. “Maar nou kom hulle helder oordag en vergiftig my diere!”

•Mnr. Van der Westhuizen was verlede week só ontsteld na die vergiftigings, dat hy uit die dorp uit wou trek terug na hul familieplaas op Jan Kempdorp.

 

 

 

 

Lees ook:

 

Nuwe tierbaba by Mbidi

Video: Opruimingswerk begin na drie damwalle breek weens wolkbreuk

Annica van Staden slagoffers verloor duisende

VIDEO: Seekoei kuier op Elandslaagte

Soek jy nuus op ’n drafstap?

Stoor ons bystand nommer (072 248 3855) en stuur ons ‘n Whatsapp boodskap met die woorde “Add me” om deel te word van ons uitsaailys.

“Like” ons op Facebook, of volg ons op Twitter en Instagram.

Volg ons YouTube kanaal.

Kliek op die skakel om te registreer om ons nuusbrief met die jongste nuus per e-pos te kry

Het julle vir ons ’n storie?

Kontak die redaksie op ons 24 uur bystandnommer 072 248 3855, of stuur ‘n e-pos aan ons redakteur tobie@mobserver.co.za

 

Back to top button