News

Drie plaasaanvalle binne ‘n week

Binne die bestek van ’n week was daar twee plaasaanvalle in die Marble Hall omgewing en een naby Waterval- Boven.

In die jongste voorval is mnr. Dave Hempson (van Gumpro, naby Malaga Hotel, Waterval Onder), in sy huis oorval en met ’n kierie aangerand.
Lede van die Elandsvallei Gemeenskapspolisiëringsforum is omstreeks 00:30 deur mnr. Hempson gekontak nadat hy homself eers kon bevry.

Ses booswigte het sy huis se deur oopforseer, waarna hulle hom in sy kamer oorval en met ’n kierie aangerand het.
Die rowers het hom hierna beveel om sy kluis oop te sluit en het gevlug met mnr. Hempson se rewolwer en kontant.

Lees ook: Toitskraal boer in hospitaal na plaasaanval

Hy het gelukkig nie ernstige beserings opgedoen nie.

•Mnr. Harm Bonnema is verlede Maandag kort na 19:00 vier keer op sy plaas Elandsdrift, net buite Marble Hall, geskiet.

Hy is in die bors, arm en bobeen gewond toe hy gou ’n sleutel in sy voertuig wou gaan haal. Twee verdagtes, waarvan een ’n koeëlvaste baadjie gedra het, het op hom toegesak en aangehou skiet. Een het nadat die bloeiende man reeds op die grond gelê het, weer teruggekom om hom nog ’n keer te skiet, maar sy wapen het gestoor en hulle het gevlug.

Lees ook: KYK: Rowers hou aan skiet tydens Marble Hall plaasaanval

Mnr. Bonnema het vir sy vrou geskree om die deure te sluit en het daarna na die huis gekruip.

Hy is dieselfde aand vanaf die Groblersdal Hospitaal per Netcare 911 se helikopter na die Netcare Milpark Hospitaal afgevoer, waar hy steeds vir sy wonde behandel word.

•Saterdagaand omstreeks 21:00 is mnr. Gert Kruger op sy plaas by Toitskraal (buite Marble Hall) aangeval. Die aanvallers het hom onder andere oor die kop geslaan. Die rowers het weggekom met sy wapens.

Mnr. Kruger is na die aanval afgevoer na die Life Midmed Hospitaal in Middelburg.

 

 

 

 

Lees ook:

 

Nuwe tierbaba by Mbidi

Video: Opruimingswerk begin na drie damwalle breek weens wolkbreuk

Annica van Staden slagoffers verloor duisende

VIDEO: Seekoei kuier op Elandslaagte

Soek jy nuus op ’n drafstap?

Stoor ons bystand nommer (072 248 3855) en stuur ons ‘n Whatsapp boodskap met die woorde “Add me” om deel te word van ons uitsaailys.

“Like” ons op Facebook, of volg ons op Twitter en Instagram.

Volg ons YouTube kanaal.

Kliek op die skakel om te registreer om ons nuusbrief met die jongste nuus per e-pos te kry

Het julle vir ons ’n storie?

Kontak die redaksie op ons 24 uur bystandnommer 072 248 3855, of stuur ‘n e-pos aan ons redakteur tobie@mobserver.co.za

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button