News

Boere moedeloos gesteel

Boere word reg oor die land moedeloos besteel.

Veediewe het laas week daarin geslaag om beeste, van meer as ’n half miljoen rand, op een slag by ’n boer in die Hendrina omgewing te steel.

Daar is op 3 April ook 105 droeë Afrikaner kruis koeie by Chris Kruger, wat in die Potchefstroom omgewing boer, gesteel.Mnr. Kruger sê dat dit ook daar gereën het tydens die diefstal. Toe hulle die volgende oggend tel, was die beeste weg en daar was geen spoor van waarheen hulle gegaan het nie.

Lees ook: Kaptein Booyse die kroek

Dit blyk ook asof veediewe die beeste uitgesoek het omdat daar uit ’n trop van meer as 300 vroulike diere en 212 kalwers nie een kalf is wat na die diefstal ma soek nie.

Mnr. Kruger sê dat die plaas aan drie kante met wildsheining omhein is en dat ’n kloof langs die vierde kant loop. Daar kon nêrens ’n teken of spore gekry word wat aandui wat van die groot trop beeste geword het nie.

Lees ook: Waarskuwing aan boere: Pas julle vee op hierdie feesseisoen

Mnr. Kruger sê dat die verlies aan diere ’n geskatte R1,2 miljoen beloop en dat hy daar by ’n jaarlikse inkomste van sowat ’n half miljoen aan speenkalwers verloor.
“Ek is klaar geboer. Australië lyk nie meer so ver nie. Ek gaan alles verkoop, terwyl daar nog iets is.”

Hy sê dat hierdie diefstal beslis nie deur ‘pot-slagters’ gepleeg is nie maar duidelik wys dat georganiseerde misdaad betrokke is.

“Ons bly glo dat dinge sal verander, dat dit gaan beter word, maar daar is niks wat daarop aandui dat dit gaan nie. Ek weet nog nie wat ek gaan doen nie, maar ek gaan beslis nie verder boer nie.”

 

 

 

 

Lees ook:

 

Nuwe tierbaba by Mbidi

Video: Opruimingswerk begin na drie damwalle breek weens wolkbreuk

Annica van Staden slagoffers verloor duisende

VIDEO: Seekoei kuier op Elandslaagte

Soek jy nuus op ’n drafstap?

Stoor ons bystand nommer (072 248 3855) en stuur ons ‘n Whatsapp boodskap met die woorde “Add me” om deel te word van ons uitsaailys.

“Like” ons op Facebook, of volg ons op Twitter en Instagram.

Volg ons YouTube kanaal.

Kliek op die skakel om te registreer om ons nuusbrief met die jongste nuus per e-pos te kry

Het julle vir ons ’n storie?

Kontak die redaksie op ons 24 uur bystandnommer 072 248 3855, of stuur ‘n e-pos aan ons redakteur tobie@mobserver.co.za

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Jana Boshoff

Jana works as a senior support specialist for Caxton digital. Before that she was a journalist at the Middelburg Observer 15 years where she won numerous awards including Sanlam's Up and Coming Journalist, Caxton Multimedia Journalist of the Year, and several investigative awards. She is passionate about people and the stories untold.
Back to top button