Gesoek na jong man na geld uit kluis verdwyn
Familielede en die polisie is dringend opsoek na Steven Green (23) wat verlede Donderdag vanaf Bethal verdwyn het.
Hulle het al verskeie oproepe gekry dat hy in die Middelburg omgewing gesien is, maar kon hom tot op hede nie opspoor nie.
Volgens Green se tannie, Roelien Rheeder, het hy sowat twee weke gelede by haar aangekom in Bethal.
“Ek het hom jammer gekry, want hy het gesê hy het sy werk verloor op Middelburg.”
Sy het gesê hy kan tydelik by haar bly en hy het haar ook belowe dat hy nie meer dagga gebruik nie.
“Hy het gesê hy is skoon en wil ’n nuwe lewe begin.”
Also read: Vyftienjarige CJ wat vermis was, uiteindelik opgespoor
Verlede Donderdagoggend het me. Rheeder R8 000 in haar kluis gesit, nadat sy twee beeste vir ’n vriendin verkoop het.
’n Klein rukkie later het haar man haar gebel en gesê sy moet gou vir hulle broodjies gaan koop, want hy wil warmbrakke die aand maak.
Me. Rheeder het vir Steven gevra of hy gou die vyf minute wat sy weg is, na haar gestremde dogter sal kyk.
“Hy moes net ’n klein rukkie na sy niggie kyk.”
Toe sy minute later tuiskom, het sy haar dogter geweldig hoor huil en gesien dat Steve nie meer daar is nie. “My dogter was nog nooit alleen nie.”
Sy is na die kamer waar die kluis is en het aanvanklik nie onraad vermoed nie.
“Die oomblik toe ek egter die kluis oopmaak, het ek regdeur gekyk. Die kluis is aan die agterkant oopgesny met my eie hoeksnyer en die R8 000 was skoonveld!”
Sy het ook opgemerk dat beide haar en haar man se Tablette weg is.
Me. Rheeder het ’n diefstalklagte by die Bethal polisie aanhangig gemaak.
•Daar word gevra dat as enige persoon vir Green opmerk, om die ondersoekbeampte, konst. LLC Shabangu te bel by 013 612 222, of die Bethal Gemeenskapspolisiëring by 072 711 3410 of me. Rheeder by 061 415 0219.
Lees ook:
Video: Opruimingswerk begin na drie damwalle breek weens wolkbreuk
Annica van Staden slagoffers verloor duisende
VIDEO: Seekoei kuier op Elandslaagte
Soek jy nuus op ’n drafstap?
Stoor ons bystand nommer (072 248 3855) en stuur ons ‘n Whatsapp boodskap met die woorde “Add me” om deel te word van ons uitsaailys.
“Like” ons op Facebook, of volg ons op Twitter en Instagram.
Volg ons YouTube kanaal.
Kliek op die skakel om te registreer om ons nuusbrief met die jongste nuus per e-pos te kry
Het julle vir ons ’n storie?
Kontak die redaksie op ons 24 uur bystandnommer 072 248 3855, of stuur ‘n e-pos aan ons redakteur tobie@mobserver.co.za
