News

Vermeende TLB diewe vasgetrek na hoëspoed jaagtog

’n Trokdrywer, asook twee ander verdagtes is in onder andere ’n hoëspoed jaagtog vasgetrek nadat twee TLB’s in Pretoria gesteel is.

Www.mobserver.co.za het die paneelbordvideo verkort om ’n kykie te gee in die dramatiese gebeure verlede week net buite Groblersdal.

Lede van Gunmar Sekuriteit het vroeg die oggend inligting ontvang dat twee TLB’s in Pretoria gesteel is en op ’n trok in Groblersdal se rigting op pad is.

Met die hulp van Buurtwaggroepe, is die trok opgemerk en het Gunmar se span uitgejaag op die Leeuwfonteinpad waar hulle die trok opgespoor en die trokdrywer gearresteer is.
Hy is aangesê om die leier van sy groep te bel om hom na die toneel te lok, sodat hy ook vasgetrek kan word.

Sowat vyf minute later het ’n Nissan X-Trail oor die bult aangekom.

Op die videomateriaal kan gesien word hoe daar vir die polisie en sekuriteitslede geskree word dat dit die leier is en hardloop die Gunmar lede na hul voertuig.

Aldrie verdagtes het reeds in die hof verskyn. Hullle word ook positief verbind met ander sake in Modimolle.

 

 

 

 

Lees ook:

 

Nuwe tierbaba by Mbidi

Video: Opruimingswerk begin na drie damwalle breek weens wolkbreuk

Annica van Staden slagoffers verloor duisende

VIDEO: Seekoei kuier op Elandslaagte

Soek jy nuus op ’n drafstap?

Stoor ons bystand nommer (072 248 3855) en stuur ons ‘n Whatsapp boodskap met die woorde “Add me” om deel te word van ons uitsaailys.

“Like” ons op Facebook, of volg ons op Twitter en Instagram.

Volg ons YouTube kanaal.

Kliek op die skakel om te registreer om ons nuusbrief met die jongste nuus per e-pos te kry

Het julle vir ons ’n storie?

Kontak die redaksie op ons 24 uur bystandnommer 072 248 3855, of stuur ‘n e-pos aan ons redakteur tobie@mobserver.co.za

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button