Renosterhoring naby Belfast gekry
Twee Mosambiekse burgers sal na verwagting vanoggend in die hof in Belfast verskyn nadat hulle na bewering met renosterhoring in hul besit betrap is.
Kol. Leonard Hlathi, provinsiale polisiewoordvoerder, het gesê die mans se voertuig is naby Wonderfontein deur die polisie se blitspatrollie afgetrek.
Lees ook: Renosterbaba vir Yane
Twee renosterhorings is in die voertuig ontdek. Die twee verdagtes staar ’n klagte vir die onwettige besit van renosterhoring in die gesig.
Lees ook: Renosterkoei by Loskop Natuurreservaat gestroop

• Twee mans en ’n vrou is verlede Donderdag naby Komatipoort in die Laeveld ook met renosterhoring betrap. Die polisie het ook ’n ongelisensideerde vuurwapen en vier rondtes ammunisie in hul voertuig gevind. Hulle verskyn vandag in die hof in Komatipoort.
Lees ook:
Video: Opruimingswerk begin na drie damwalle breek weens wolkbreuk
Annica van Staden slagoffers verloor duisende
VIDEO: Seekoei kuier op Elandslaagte
Soek jy nuus op ’n drafstap?
Stoor ons bystand nommer (072 248 3855) en stuur ons ‘n Whatsapp boodskap met die woorde “Add me” om deel te word van ons uitsaailys.
“Like” ons op Facebook, of volg ons op Twitter en Instagram.
Volg ons YouTube kanaal.
Kliek op die skakel om te registreer om ons nuusbrief met die jongste nuus per e-pos te kry
Het julle vir ons ’n storie?
Kontak die redaksie op ons 24 uur bystandnommer 072 248 3855, of stuur ‘n e-pos aan ons redakteur tobie@mobserver.co.za
