Slang saam met vrou in bed
’n Vrou is dood nadat sy gebyt is deur ’n slang wat by haar bed ingeseil het.
Letty Msukelaa Mtshweni (51) is in die Middelburg Provinsiale Hospitaal dood, nadat sy aan die linkerhand deur ’n “groen slang” gebyt is. Die voorval het in die Loskopdam omgewing plaasgevind.
Voorsitter van LimPuma Herpetologiese Vereniging, Mpumalanga-area, mnr. Victor Boshoff, vermoed ’n Mosambiekse Spoegkobra het me. Mtshweni gebyt.
Hy sê die slang is olyfbruin maar mense dink gewoonlik dit is ’n groen kleur.
Me. Mtshweni het aan familielede gesê ’n “groen slang” was by haar in die bed. Haar toestand het vinnig versleg nadat sy in die hospitaal opgeneem is.
Die vereniging kan by 083 638 4903 vir enige slangnavrae gekontak word.
•’n Vrou is ook na die Netcare Montana Hospitaal deur Life24 Ambulansdienste gehaas nadat ‘n Mosambiekse Spoegkobra haar gepik het.
Die vrou (wat verkies om anoniem te bly) van ‘n plaas in die Toitskraal area (Marble Hall), is na buite nadat haar Jack Russell hondjies geweldig tekere gegaan het.
Buite het sy gesien dat ‘n slang na haar hondjies spoeg en het die slang doodgeslaan. In die proses het die slang haar gepik en is Life24 ontbied.
Volgens me. Mercia Blake (eienaar Life24 Ambulansdienste) is hulle in kennis gestel dat ‘n rinkhals die vrou gepik het en het slangkenner Arthur Roden en Life24 paramedikus, Tebogo Mpai, hulle na die toneel gehaas.
Mnr. Roden (van die NSARRU: National Council of South African Reptile Rescue Units) het besef dit is nie ‘n rinkhals nie, maar die uiters giftige Mosambiekse Spoegkobra.
Die bytplek is gemerk en Life24 het dadelik die Netcare Montana Hospitaal in Pretoria laat weet dat hulle op pad is met ‘n vrou wat deur ‘n Mosambiekse Spoegkobra gepik is.
Bekende slangkenner, Mike Perry het by die Montana Hospitaal gewag met die nodige antiserum waar agt ampules toegedien is.
Die vrou is in die intensiewe sorgeenheid van die hospitaal opgeneem, waar sy vir drie dae behandel is.
Alhoewel sy nog pyn het rondom die bytplek, gaan dit goed met haar en is sy reeds ontslaan.
Life24 se noodnommer vir enige reptielverwydering is 082 040 5-003.
Mnr. Roden het gevra dat mense nie slange moet doodmaak nie, maar om hom of Life24 te kontak, sodat die slang gevang kan word.
Hy kan gekontak word by 076 635 6287.
•Mnr. Victor Boshoff (voorsitter, LimPuma Herpetologiese Vereniging, Mpumalanga-area) het gemeld dat bykans alle giftige slangbyte met polivalente antiserum behandel word. Slegs in die geval van die boomslang, word ander antiserum gebruik. Met die takslang (ook die voëlslang genoem) moet ‘n bloedoortapping gedoen word.
Daar is gevra dat wanneer die persoon gepik word, die bytarea dadelik omkring moet word met ‘n pen of merker en die tyd van die byt dan ook sommer langs die area geskryf moet word.
Die foto kan dan geWhatsApp word na 083 628 4902 of 082 697 9954.
•Die Mosambiekse Spoegkobra se gif is sterk sitotoksies, wat beteken dat die pasiënt erge nekrose (weefselskade) kan opdoen. Sy gif is ook in neurotoksies, wat asemhalingsprobleme kan veroorsaak, sou die pasiënt nie antiserum kry nie.
Lees ook:
Video: Opruimingswerk begin na drie damwalle breek weens wolkbreuk
Annica van Staden slagoffers verloor duisende
VIDEO: Seekoei kuier op Elandslaagte
Soek jy nuus op ’n drafstap?
Stoor ons bystand nommer (072 248 3855) en stuur ons ‘n Whatsapp boodskap met die woorde “Add me” om deel te word van ons uitsaailys.
“Like” ons op Facebook, of volg ons op Twitter en Instagram.
Volg ons YouTube kanaal.
Kliek op die skakel om te registreer om ons nuusbrief met die jongste nuus per e-pos te kry
Het julle vir ons ’n storie?
Kontak die redaksie op ons 24 uur bystandnommer 072 248 3855, of stuur ‘n e-pos aan ons redakteur tobie@mobserver.co.za
