Byna duisende kwyt met Bergman-sindikaat
’n Entrepeneur van Pretoria sê as dit nie vir ’n waarskuwing op www.mobserver.co.za se webblad was nie, hy beslis R27 000 armer sou wees.
Peter Kylander sê dat hy deur ’n man genaamd Koos Bergman gekontak is oor alarmsisteme. Bergman het hom gevra vir ’n kwotasie en toe die volgende dag sommer twee sisteme, ter waarde van R27 000, bestel.
Hy het die geld op ’n Vrydag oorbetaal en ’n bewys van betaling deurgestuur. Die geld sou egter eers later in mnr. Kylander se rekening wys omdat dit ’n tussenbankoorbetaling was.
Lees ook: Koos Bergman in Kimberley bedrywig
Bergman het aan mnr. Kylander gesê dat hy “’n drywer” sou stuur om die alarmsisteme te kom oplaai omdat hy nie wou hê dat sy werkers sien dat hy sy sekuriteit opskerp nie.
Terwyl mnr. Kylander vir die koerier gewag het om op te daag, het hy op die internet gesoek en op artikels afgekom oor vorige slagoffers van die Koos Bergman-sindikaat.
Die sindikaat het nuus gemaak in Middelburg nadat verskeie besighede hier deurgeloop het toe daar skaapvleis en motorfietse op ’n soortgelyke manier gesteel is.
Nadat www.mobserver.co.za daaroor berig het, het slagoffers van sover as Mkhondo, Polokwane, Pretoria en Roodepoort gebel.
Lees ook: Gawe oom lekker skelm
Die modus-operandi van die sindikaat bly grotendeels dieselfde: ’n Vriendelike man bel en vra uit oor produkte. Verskeie slagoffers het gesê dat dit blyk asof hy kennis het van hoe die besighede lyk omdat hy na spesifieke goed soos ‘die blou motorfiets wat in die hoek staan’ sal verwys.
Hy bestel produkte, dikwels met ’n waarde van sowat R30 000, en doen dan ’n internet betaling. Die betalings word gewoonlik op Vrydae of aan die einde van die dag gedoen. Daarom is dit nie snaaks as die geld nie dadelik wys nie. ’n Koerier kom haal gewoonlik die goedere of die slagoffer ontmoet iemand êrens langs ’n hoofweg om die goedere te oorhandig.
Indien die slagoffers snuf in die neus kry en die koeriers word gevang, trek hulle net skouers op, sê hulle weet niks en is net betaal om die goedere te gaan oplaai.
Lees ook:
Video: Opruimingswerk begin na drie damwalle breek weens wolkbreuk
Annica van Staden slagoffers verloor duisende
VIDEO: Seekoei kuier op Elandslaagte
Soek jy nuus op ’n drafstap?
Stoor ons bystand nommer (072 248 3855) en stuur ons ‘n Whatsapp boodskap met die woorde “Add me” om deel te word van ons uitsaailys.
“Like” ons op Facebook, of volg ons op Twitter en Instagram.
Volg ons YouTube kanaal.
Kliek op die skakel om te registreer om ons nuusbrief met die jongste nuus per e-pos te kry
Het julle vir ons ’n storie?
Kontak die redaksie op ons 24 uur bystandnommer 072 248 3855, of stuur ‘n e-pos aan ons redakteur tobie@mobserver.co.za
