News

Oorlamse inbreker gaan drie keer terug na skool

’n Oorlamse inbreker het gedurende die naweek drie keer teruggekeer na die skool waar hy ingebreek het.

Dr. Sonna van Zyl, van die Middelburg Privaatskool vir CVO, sê hulle het op videomateriaal gesien hoe die booswig weer en weer teruggekeer het oor die naweek.
Die laaste keer het hy Maandagoggend nog tot omstreeks 05:00 op die skoolterrein rondgesluip.

Hy het toegang tot die perseel gekry deur ’n stuk van die palissade heinig af te saag en om te buig. Hy kon nie bo-oor klim nie, aangesien daar elektriese omheining bo-op die palissade is.
Oor die drie dae het die booswig keer op keer teruggekeer, waar hy onder andere by die rekenaar- en Afrikaanse klas ingebreek het.

Twee rekenaars is gesteel, asook ’n liniaal, ’n onderwyseres se baadjie, luidsprekers en ’n noodhulpsak.

Lees ook: WATCH: Cash reward for sneaky thief

In die rekenaarklas het hy die kameras toegegooi, terwyl die rekenaars gesteel is.

Daar is aanvanklik gedink dat hy alleen te werk gegaan het, maar nadat ure se videomateriaal nagegaan is, is gesien dat iemand hom kom oplaai het.

Alhoewel daar nie kameras is waar hy opgelaai is nie, kan ’n mens op die videomateriaal sien dat die taxi in Zuidstraat stadiger ry. Deur vensters, waar daar videomateriaal is, sien ’n mens dat die voertuig ’n rukkie stop by die area waar hy die palissade oopgesny het en dan kort daarna ry.

Dit is ook duidelik dat daar ’n uitkykvoertuig was voor hy opgelaai is, want ’n sedan stop in Morkelstraat oorkant die skool vir ’n paar minute en sodra die taxi verby beweeg, ry hy ook.

•Die persoon wat ingebreek het, het op ’n stadium direk in die kameras gekyk en lyk presies soos ’n inbreker wat etlike maande gelede vyf keer by dieselfde besigheid ingebreek het. Daar is destyds ’n beloning uitgeloof vir inligting wat sal lei tot sy arrestasie.

 

 

 

 

 

 

Lees ook:

Nuwe tierbaba by Mbidi

Video: Opruimingswerk begin na drie damwalle breek weens wolkbreuk

Annica van Staden slagoffers verloor duisende

VIDEO: Seekoei kuier op Elandslaagte

Soek jy nuus op ’n drafstap?

Stoor ons bystand nommer (072 248 3855) en stuur ons ‘n Whatsapp boodskap met die woorde “Add me” om deel te word van ons uitsaailys.

“Like” ons op Facebook, of volg ons op Twitter en Instagram.

Volg ons YouTube kanaal.

Kliek op die skakel om te registreer om ons nuusbrief met die jongste nuus per e-pos te kry

Het julle vir ons ’n storie?

Kontak die redaksie op ons 24 uur bystandnommer 072 248 3855, of stuur ‘n e-pos aan ons redakteur tobie@mobserver.co.za

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button