News

VIDEO: Vermeende dief al maande bedrywig

Die dief wat al twee keer in Gholfsig gearresteer is, is waarskynlik al maande in Gholfsig besig met sy bose dade.

Mnr. Gary Baldwin het reageer op ’n berig in die Vrydag uitgawe van die Middelburg Observer wat vertel het van Sfiso Maseko wat twee keer in drie weke gearresteer is deur lede van Mid Alarms.

“Dit is beslis dieselfde dief wat drie maande gelede twee keer by my artikels gesteel het!” het mnr. Baldwin uitgeroep nadat hy die verdagte se foto gesien het.
Hulle het in Februarie eers nadat hulle artikels vermis het, op die CCTV Videomateriaal gaan kyk en gesien dat hy in hul erf was.

Sfiso Maseko is twee keer in drie weke in Gholfsig gearresteer. Mnr. Baldwin glo dis dieselfde persoon wat by hom gesteel het.

 

 

Tydens albei kere het die booswig oor die muur, wat elektriese bedrading bo-op het, geklim en die kameras weggedraai. Beide kere kan ’n mens sy gesig sien.
Die eerste keer is mnr. Baldwin se GPS uit sy voertuig gesteel en die tweede keer is ’n battery, wat in die erf gestaan het, gevat.

Nog ’n skermskoot van die dief tydens een van die inbrake by die huis in Gholfsig.

“Dit was vroeg in die oggende, kort voor 05:00, wat hy dit gesteel het en ons was in die huis toe dit gebeur het!

•Gedurende die naweek van 26-28 April het ’n booswig ’n stuk palissade heining van die Middelburg Privaatskool oopgesny en drie keer teruggekeer om artikels te steel.

Die dief wat twee keer artikels gesteel het by ’n huis in Cowen Ntulistraat.

 

Lees ook: Oorlamse inbreker gaan drie keer terug na skool

•In Oktober-November 2018 is ’n beloning deur ’n besigheid uitgeloot nadat ’n dief vyf keer by hulle ingebreek het.

Lees ook: WATCH: Cash reward for sneaky thief

 

 

 

 

Lees ook:

Nuwe tierbaba by Mbidi

Video: Opruimingswerk begin na drie damwalle breek weens wolkbreuk

Annica van Staden slagoffers verloor duisende

VIDEO: Seekoei kuier op Elandslaagte

Soek jy nuus op ’n drafstap?

Stoor ons bystand nommer (072 248 3855) en stuur ons ‘n Whatsapp boodskap met die woorde “Add me” om deel te word van ons uitsaailys.

“Like” ons op Facebook, of volg ons op Twitter en Instagram.

Volg ons YouTube kanaal.

Kliek op die skakel om te registreer om ons nuusbrief met die jongste nuus per e-pos te kry

Het julle vir ons ’n storie?

Kontak die redaksie op ons 24 uur bystandnommer 072 248 3855, of stuur ‘n e-pos aan ons redakteur tobie@mobserver.co.za

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button