News

Diewe steel bande deur dak

Inbrekers het binne twee weke by twee besighede ingebreek.

Me. Whelma du Toit (eienaar Point S Tyre & Fitment) sê hulle is nie doodseker wanneer die booswigte ingebreek het nie, aangesien hulle dit eers agtergekom het toe hulle bande vir ’n kliënt wou opsit.

Dit moes tussen die 30ste April en 2 Mei gewees het.

“Hulle het ’n gat in die dak gemaak en net die duur bande, wat heel bo gepak is, gevat.”

Sy skat daar is sowat R50 000 se bande gesteel, wat onder andere insluit: Continental, Fire Stones en Goodyear.

Die bande is bo-op ’n geboude muur, met ’n hoë stellasie in ’n stoor met ’n hoë dak gepak, aan die agterkant van die besigheid.

•Gedurende Paasnaweek is daar parte uit voertuie gesteel by haar man, Kobus, se buurbesigheid, Autocarb.

Die diewe het deur ’n stegie tot agter die besigheid geloop en bo-oor ’n muur geklim om batterye en bande van voertuie af te steel.
Die skade tydens hierdie diefstalle word op sowat R40 000 geraam.

 

 

 

 

Lees ook:

Nuwe tierbaba by Mbidi

Video: Opruimingswerk begin na drie damwalle breek weens wolkbreuk

Annica van Staden slagoffers verloor duisende

VIDEO: Seekoei kuier op Elandslaagte

Soek jy nuus op ’n drafstap?

Stoor ons bystand nommer (072 248 3855) en stuur ons ‘n Whatsapp boodskap met die woorde “Add me” om deel te word van ons uitsaailys.

“Like” ons op Facebook, of volg ons op Twitter en Instagram.

Volg ons YouTube kanaal.

Kliek op die skakel om te registreer om ons nuusbrief met die jongste nuus per e-pos te kry

Het julle vir ons ’n storie?

Kontak die redaksie op ons 24 uur bystandnommer 072 248 3855, of stuur ‘n e-pos aan ons redakteur tobie@mobserver.co.za

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button