Gedenkdiens vir vergete Springbok na sy vermoor is
Die “motorwerktuigkundige”, soos die Sondagkoerant Rapport haar beskryf het, word more op Witbank gegroet.
Maar die “motorwerktuigkundige”, wat nog ’n misdaadstatistiek geword het, is eintlik Alta Maree, Springbok atleet en viermalige Suid-Afrikaanse spiesgooi kampioen.
Mens staan verstom dat ’n vrou wat op haar dag ’n held was en deelgeneem het in die groen en goud met Springbok op die bors, na haar dood so geminag word.
Waarom?
Twee jaar nadat Maree by haar huis op Clewer vermoor is, neem haar familie vandag (Vrydag) van haar afskeid.
Lees ook: Spiesgooi kampioen vermoor – medaljes opgespoor
’n Gedenkdiens word in die Witbank Suid NG Kerk in Plumerstraat, om 11:00, vir haar gehou.
Maree was junior en senior Suid-Afrikaanse kampioen en het in 1970, ’71, ’72 en ’73 die Suid-Afrikaanse spiesgooi kampioenskappe gewen.
Twee jaar nadat menslike oorskot in ’n vlak graf gekry is langs die Ogiespad, het DNA toetse bewys dit behoort aan Maree.
Dennis Sipho Motubatse (34) word steeds in verband met haar moord gesoek. Hy is gearresteer en het uitwysings vir die polisie gedoen, voordat hy in die Witbank Landdroshof op borgtog vrygelaat is en verdwyn het.
Lees ook: Main suspect in murder case disappears
Ou jaarblaaie van Hoërskool Generaal Hertzog, waar sy op skool was, besing haar lof en bladsy na bladsy, word daar met die skool se Springbok atleet gespog.
Maar in haar dood is sy vergete, net ’n “motorwerktuigkundige” wat vermoor is.
Nog ’n statistiek.
En al wat oorbly? Haar medaljes en die leerlinge van haar tyd, wat steeds in hulle geestesoog sien hoe slinger sy ’n spies dat hy klein word.
Lees ook:
Video: Opruimingswerk begin na drie damwalle breek weens wolkbreuk
Annica van Staden slagoffers verloor duisende
VIDEO: Seekoei kuier op Elandslaagte
Soek jy nuus op ’n drafstap?
Stoor ons bystand nommer (072 248 3855) en stuur ons ‘n Whatsapp boodskap met die woorde “Add me” om deel te word van ons uitsaailys.
“Like” ons op Facebook, of volg ons op Twitter en Instagram.
Volg ons YouTube kanaal.
Kliek op die skakel om te registreer om ons nuusbrief met die jongste nuus per e-pos te kry
Het julle vir ons ’n storie?
Kontak die redaksie op ons 24 uur bystandnommer 072 248 3855, of stuur ‘n e-pos aan ons redakteur tobie@mobserver.co.za
