Prokureur en ander veediefstal verdagtes geïdentifiseer
Die mans wat in verband met veediefstal in die Breyten omgewing gearresteer is, het pas in die hof in Ermelo verskyn.
Die beskuldigdes is Neels van der Walt, die Pretorianse prokureur Jan-Spruyt Steenkamp, Lucas Magagula, Sibusiso Mabuse en Musi Mhlongo.
Brig. Leonard Hlathi het in ’n persverklaring gesê dat Van der Walt en Steenkamp gearresteer is naby Breyten, waar beeste wat na bewering gesteel is, gelaai is. Nog verdagtes is later aangekeer.

Steenkamp is volgens brig. Hlathi ’n prokureur van Pretoria. Daar is beslag gelê op drie vragmotors, een daarvan ’n dubbeldekker, asook op ’n Toyota Hilux bakkie en R95 000 kontant.
Die mans het in die Ermelo hof op aanklagte van roof met verswarende omstandighede, veediefstal en die versuim om die besit van vee te verduidelik, verskyn.
Brig. Hlathi het later gesê dat daar in totaal 334 beeste teruggekry is, met ’n beraamde waarde van R3,1 miljoen.
Lees ook:
Video: Opruimingswerk begin na drie damwalle breek weens wolkbreuk
Annica van Staden slagoffers verloor duisende
VIDEO: Seekoei kuier op Elandslaagte
Soek jy nuus op ’n drafstap?
Stoor ons bystand nommer (072 248 3855) en stuur ons ‘n Whatsapp boodskap met die woorde “Add me” om deel te word van ons uitsaailys.
“Like” ons op Facebook, of volg ons op Twitter en Instagram.
Volg ons YouTube kanaal.
Kliek op die skakel om te registreer om ons nuusbrief met die jongste nuus per e-pos te kry
Het julle vir ons ’n storie?
Kontak die redaksie op ons 24 uur bystandnommer 072 248 3855, of stuur ‘n e-pos aan ons redakteur tobie@mobserver.co.za
