Selfs aan die Suid-Afrikaanse liggaamsbou kampioenskappe deelgeneem.
Dis ook maar goed, want nou is sy skouers breed genoeg om ander te help hulle las dra.
Hy sê dis wat hy doen vir Jesus. Sy roeping.
Hy vertel hoe die Here sy lewe omgekeer het, en hoe dit hom aangespoor het om uit sy eie, sy huis te deel met haweloses.
Sy vrou en sy kind het hulle behoeftes in die agtersitplek gesit vir die mense wat ook net ‘n bietjie hulp kort.
Hy is nie ‘n instansie of ‘n organisasie nie, dis net wat hy doen.

Maar Broer sê hy kort nou bietjie hulp. Met 12 mense op sy erf en ‘n waterrekening van oor die R8 000, kan hy nie alleen die juk dra nie.
Finansiële donasies vir die waterrekening is welkom, maar hy vra maar hoofsaaklik vir kos, klere, gasstofies en bottels, deure, en boumateriaal om kamers af te skort vir die mense wat by hom bly.
Daar is ook ‘n baba op die perseel en donasies van doeke en melk sal baie waardeer word.
Sy geiser het so ruk terug die gees gegee, en hy het nie ‘n agterdeur nie, maar tog voel hy dat hy ryk is, geseënd is.
As iemand bereid is om Broer en Annemarie te ondersteun met donasies, is hulle welkom om hom te skakel by 083 587 4019.
Lees ook:
Video: Opruimingswerk begin na drie damwalle breek weens wolkbreuk
Annica van Staden slagoffers verloor duisende
VIDEO: Seekoei kuier op Elandslaagte
Soek jy nuus op ’n drafstap?
Stoor ons bystand nommer (072 248 3855) en stuur ons ‘n Whatsapp boodskap met die woorde “Add me” om deel te word van ons uitsaailys.
“Like” ons op Facebook, of volg ons op Twitter en Instagram.
Volg ons YouTube kanaal.
Kliek op die skakel om te registreer om ons nuusbrief met die jongste nuus per e-pos te kry
Het julle vir ons ’n storie?
Kontak die redaksie op ons 24 uur bystandnommer 072 248 3855, of stuur ‘n e-pos aan ons redakteur tobie@mobserver.co.za
