News

Waar is Johnny Bosman?

Die kleurryke Johnny Bosman, oftewel Johnny boemelaar, is al ses jaar weg.

Johnny wat gereeld die Middelburg Observer se blaaie gehaal het.
Johnny aan die huil vir ‘n aalmoesie.

Maar Johnny wat, volgens sy broer, Johan, selfs kans gesien het vir Tarzan en Chuck Norris as hy onder die prop was.

Johnny word onthou as die man wat so lief was vir sy hond Jonathan – so lief dat hy ‘n tattoeërmerk op sy kuit laat opsit het van die hond.

Johan, ‘n afgetrede polisieman, was verstom toe hy besef dat sy broer al so lank weg is.
“Dit voel soos twee of drie jaar.”

In 2013 het ‘n persoon vir Johan gebel en gesê dat hulle Johnny se sak by die Piet Retief grenspos gekry het. In die sak was Johan se nommer.
Dit was die laaste inligting wat hulle ooit van Johnny gekry het.

Johan onthou dat Johnny nie net bekend was in Middelburg nie. Hy was ook ‘n bekende swerwer in Piet Retief en van sy ander gunsteling swerfplekke was Richardsbaai en Empangeni.
Johnny is een van drie kinders en is nou 58 jaar oud.

Hy het matrikuleer aan Hoërskool Middelburg en was na skool vir ‘n ruk lank ‘n vakleerling by Thos Begbie. Johnny was selfs ‘n rukkie in die spoorwegpolisie en is daarna vloot toe.
In die tyd wat hy in Durban was, het hy ‘n meisie ontmoet en hulle het trouplanne gehad. Nadat sy hom vir ‘n ander man gelos het, is Johnny strate toe.

Sy broer onthou dat Johnny op ‘n stadium saaglemme skerp gemaak het, later by Deon Booyens op ‘n plaas gebly het en ook by Afrika Meubels gewerk het.
Hy het ook by ‘n algemene handelaar op Piet Retief gewerk.

Johan sê hulle almal weet al jare dat Johnny nie sy swerwersleefwyse sou verander nie, maar hulle wil net weet of hy nog leef.

Gerugte dat hy sowat twee jaar gelede in Richardsbaai opgemerk is, weer met ‘n hond, is deur die Observer opgevolg, maar hy is nooit opgespoor nie.

Johan sê Johnny kan uitgeken word aan die tatoeërmerk van die hond op sy kuit, asook ‘n brandplek agter op sy rug (wat hy tydens ‘n aanval in Middelburg opgedoen het toe rowers hom aan die brand gesteek het).

Indien iemand weet waar hy is of inligting het dat hy moontlik oorlede is, bel Johan by 082 320 5475.

 

 

 

 

Lees ook:

Nuwe tierbaba by Mbidi

Video: Opruimingswerk begin na drie damwalle breek weens wolkbreuk

Annica van Staden slagoffers verloor duisende

VIDEO: Seekoei kuier op Elandslaagte

Soek jy nuus op ’n drafstap?

Stoor ons bystand nommer (072 248 3855) en stuur ons ‘n Whatsapp boodskap met die woorde “Add me” om deel te word van ons uitsaailys.

“Like” ons op Facebook, of volg ons op Twitter en Instagram.

Volg ons YouTube kanaal.

Kliek op die skakel om te registreer om ons nuusbrief met die jongste nuus per e-pos te kry

Het julle vir ons ’n storie?

Kontak die redaksie op ons 24 uur bystandnommer 072 248 3855, of stuur ‘n e-pos aan ons redakteur tobie@mobserver.co.za

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Tobie van den Bergh

Tobie started as a journalist in September 1975. He was appointed editor of the Middelburg Observer in 1982 where he worked until he retired in 2024. He received numerous awards, is a founding member of the Forum for Community Newspapers and has published two books about his work. Although retired, Tobie is still very much involved in community journalism.
Back to top button