News

Boef laat baadjie val toe hy vlug

Terwyl ’n boef gevlug het na ’n inbraak, het hy sy baadjie laat val.

Me. Yolandi Oosthuizen glo hulle het die inbrekers op heterdaad betrap by hul erf in Rivierstraat (Sentraal).
“Ons gaan nooit laat uit nie, maar het Vrydagaand by vriende gaan kuier en sou aanvanklik oorslaap, maar besluit om omstreeks 03:00 huis toe te gaan.”

Die oomblik toe hulle tuiskom, het hul Deense hond nie soos gewoonlik na die kar se kant toe gehardloop nie, maar gehardloop in die rigting van die binnehof.
Hulle het dadelik onraad vermoed en met nadere ondersoek gesien dat die agterdeur oopstaan.

Lees ook: Dief los bloed to hy by kar inbreek en homself beseer

Die groot hond het nie toegang tot die binnehof by die agterdeur nie en die vermoede bestaan dat hy gehoor het toe die booswigte by die agterdeur uithol en oor die muur spring.

Die inbrekers het toegang tot die huis verkry deur die diefwering by die badkamervenster met ’n plank weg te buig. Die plank is in die erf gekry.
Daarna het hulle begin om alles in die huis uit te gooi.

Me. Oosthuizen sê die boewe het ’n televisie, Tablet en selfoon gesteel. Die boks van die rekenaar is oopgeruk. Die rekenaarskerm is net so agtergelaat.
Die kussingslope is van die kussings afgehaal om nóg artikels te steel, maar omdat hulle waarskynlik betrap is, is dit nog in die huis gekry.

Die een booswig het sy baadjie laat val in sy haas om weg te kom.

Lees ook: Diewe steel bande deur dak

Me. Oosthuizen sê hul een hondjie wat in die binnehof in ’n hok slaap, omdat sy kleintjies gehad het, is verbouereerd in die hoek van die hok gevind.
Die huis se agterdeursleutels was in die huis en die boosdoeners het die huis oopgesluit om uit te gaan.

“Ons glo ons is dopgehou en dat hulle nie gedink het ons gaan terugkom daardie nag nie. My vier kinders is erg getraumatiseer omdat daar inbrekers in die huis was. Ons wil nie meer in hierdie huis bly nie.”

•Me. Oosthuizen sê toe die polisie teen Sondag nog nie vingerafdrukke kom neem het nie, het hulle besluit om maar die diefwering te vervang vir die gesin se veiligheid.

Hulle het egter die inbreker se baadjie gehou, sou die polisie dit wil hê vir moontlike DNS-toetsing.

 

 

 

 

Lees ook:

Nuwe tierbaba by Mbidi

Video: Opruimingswerk begin na drie damwalle breek weens wolkbreuk

Annica van Staden slagoffers verloor duisende

VIDEO: Seekoei kuier op Elandslaagte

Soek jy nuus op ’n drafstap?

Stoor ons bystand nommer (072 248 3855) en stuur ons ‘n Whatsapp boodskap met die woorde “Add me” om deel te word van ons uitsaailys.

“Like” ons op Facebook, of volg ons op Twitter en Instagram.

Volg ons YouTube kanaal.

Kliek op die skakel om te registreer om ons nuusbrief met die jongste nuus per e-pos te kry

Het julle vir ons ’n storie?

Kontak die redaksie op ons 24 uur bystandnommer 072 248 3855, of stuur ‘n e-pos aan ons redakteur tobie@mobserver.co.za

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button