News

Dief los bloed toe hy by kar inbreek en homself beseer

’n Inbreker het homself beseer toe hy ’n karvenster gebreek het om artikels te steel en oral bloedspatsels in die kar en op ’n palissade heining agtergelaat.

Mnr. Frik Els vertel dat hulle Sondag omstreeks 06:00 agtergekom het dat daar by sy dogter se voertuig, wat sy vir hulle geleen het, ingebreek is.

Die booswigte het die palissade heining by ‘n kompleks in Walter Sisulustraat weg gebuig en deurgeklouter.
Daarna het hulle die voorste passasiersruit stukkend geslaan en die kar deursoek vir waardevolle items.

Tussen die glasstukke op die sitplek, kan ‘n mens die bloedspatsels sien waar die inbreker gebloei het.

In die paneelkassie het hulle twee selfone en mnr. Els se beursie, met al sy kaarte daarin, gebuit.

Hulle kon nie die kattebak oopkry nie en het die agterste sitplekke platgeslaan om mnr. Els se gereedskapkas, asook die spaarwiel te steel.
Mnr. Els sê daar was sowat R12 000 se gereedskap in die gereedskapkas.

•Hy was vol lof vir die blitsige reaksie van die polisie. Hulle het dieselfde dag hul verklarings kom neem en die forensiese afdeling het ook DNS-monsters geneem van die bloed in die kar en op die palissade heining.

 

 

 

 

 

Lees ook:

Nuwe tierbaba by Mbidi

Video: Opruimingswerk begin na drie damwalle breek weens wolkbreuk

Annica van Staden slagoffers verloor duisende

VIDEO: Seekoei kuier op Elandslaagte

Soek jy nuus op ’n drafstap?

Stoor ons bystand nommer (072 248 3855) en stuur ons ‘n Whatsapp boodskap met die woorde “Add me” om deel te word van ons uitsaailys.

“Like” ons op Facebook, of volg ons op Twitter en Instagram.

Volg ons YouTube kanaal.

Kliek op die skakel om te registreer om ons nuusbrief met die jongste nuus per e-pos te kry

Het julle vir ons ’n storie?

Kontak die redaksie op ons 24 uur bystandnommer 072 248 3855, of stuur ‘n e-pos aan ons redakteur tobie@mobserver.co.za

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button