Kattebakverkoping by Middelburg Vlooimark
Bring al die artikels wat jy nie meer in jou huis gebruik nie en gaan verkoop dit by die Middelburg Vlooimark se kattebakverkoping.

Die Middelburg Vlooimark is weer oop op 25 Mei, vanaf 08:00 tot 13:30, by die Middelburg Care Village.
Wat hierdie vlooimark so uniek maak, is dat organiseerder Joey van Zyl die gemeenskap die geleentheid gee om artikels uit hul kattebakke te verkoop.
“Wie ookal eerste daar is, kry kans om sy voertuig te parkeer op die veld tussen die ander uitstallers!”
Soos in die geval van uitstallers, beloop jou staanplek vir jou kattebakverkoping slegs R50.
Deur die loop van die oggend sal daar ook kareoke musiek wees, waar besoekers aan die mark, asook uitstallers, kan gaan saamsing. “Dit is nie ’n kompetisie nie, dit is sommer net vir die pret,” sê me. Van Zyl.
Dit is die laaste vlooimark voor die Winter.
Die Middelburg Vlooimark sal gesluit wees gedurende Junie en Julie en weer beskikbaar wees vanaf Augustus.
Vir enige navrae om stalletjies te bespreek of inligting oor die kattebakverkoping, bel me. Van Zyl by 082 747 1002.
•Parkering en toegang is gratis.
•Die R50 wat uitstallers betaal, word aan die Middelburg Care Village geskenk.
Lees ook:
Video: Opruimingswerk begin na drie damwalle breek weens wolkbreuk
Annica van Staden slagoffers verloor duisende
VIDEO: Seekoei kuier op Elandslaagte
Soek jy nuus op ’n drafstap?
Stoor ons bystand nommer (072 248 3855) en stuur ons ‘n Whatsapp boodskap met die woorde “Add me” om deel te word van ons uitsaailys.
“Like” ons op Facebook, of volg ons op Twitter en Instagram.
Volg ons YouTube kanaal.
Kliek op die skakel om te registreer om ons nuusbrief met die jongste nuus per e-pos te kry
Het julle vir ons ’n storie?
Kontak die redaksie op ons 24 uur bystandnommer 072 248 3855, of stuur ‘n e-pos aan ons redakteur tobie@mobserver.co.za
